Legendariese akteur Ben Kruger oorlede

Legendariese akteur Ben Kruger oorlede

Akteur Ben Kruger (64) is Dinsdagaand aan COVID-19 oorlede.

Ben Kruger
Verskaf/ kykNET

Die legendariese akteur Ben Kruger is Dinsdagaand aan COVID-19 oorlede. kykNET het die nuus aan Jacaranda FM bevestig. 

Kruger, is veral bekend vir sy rol as 'oom Okkie' in die gewilde kykNET-sepie, 'Binnelanders'.

LEES: Rian van Heerden verander van 'Karakter'

Hy was ook bekend vir sy rol as 'neef Gert' in die SABC2-sepie, '7de Laan'.

Kruger het in sy huis in Pretoria gesterf. 

"Ons hou vandag die familie van Ben Kruger en 'Binnelanders' in ons gedagtes terwyl ons die enorme skok nuus van sy afsterwe verwerk," Karen Meiring M-Net Direkteur: kykNET kanale.

LEES: 'Getroud Met Rugby' se Sean van Noordwyk nóú Mnr. Wêreld Suid-Afrika

"Ons sal hom altyd onthou vir sy professionaliteit, sy waardigheid, sy humorsin – en natuurlik sy vermoë om ‘n potjie van formaat te maak! Ons gaan Ben verskriklik mis.” - Elsje Stark, Vervaardiger: 'Binnelanders'.

In Augustus 2019, het Kruger die Scenic Drive-span besoek - en het ook meer verklap oor sy rol in 'Binnelanders'.

"Ek en Philicity het saam gespeel - ons het ook dieselfde tyd by 'Binnelanders' begin", het hy genoem. 

Luister na die onderhoud hier

Omdat episodes ongeveer drie maande voor uitsending opgeneem word, sal die karakter van Okkie nog geruime tyd teenwoordig wees in 'Binnelanders' wat weeksdae op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai word.

Ben Kruger
Verskaf/ kykNET

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Jacaranda FM

Show's Stories