KYK: Rian van Heerden verander van 'Karakter'

KYK: Rian van Heerden verander van 'Karakter'

In hierdie week se episode van 'Karakter' verander Rian van Heerden in 'n fopdosser. 

Rian van Heerden
Verskaf/ Rian van Heerden

Suid-Afrika is ’n wonderlike en diverse plek. Ons lê dalk aan die suidpunt van Afrika, maar het al enorme sukses op alle vlakke behaal - te danke aan die mense van Suid-Afrika wat die land ‘n unieke plek maak.

LEES: 'Getroud Met Rugby' se Sean van Noordwyk nóú Mnr. Wêreld Suid-Afrika

Kykers volg die aanbieder Rian van Heerden deur Suid-Afrika op soek na die mees unieke mense; daardie eksentrieke mense wat die tonge aan die klap het in die dokumentêre reeks 'Karakter'.

LEES: MultiChoice stap weg met 47 SAFTA-toekennings

In hierdie week se episode van 'Karakter' gaan besoek Van Heerden een van Suid-Afrika se mees gewildste fopdossers, Manila von Teez.

LEES: Bertus Basson help Tannie Evita Bezuidenhout se restaurant met nuwe voorkoms

Van Heerden stel ondersoek in na alle aspekte van Von Teez se lewe.

Die Afrikaans-persoonlikheid sal ook stap in die skoene van 'n fopdosser.In die episode, verander Van Heerden ook van karakter en stap in die skoene van 'n fopdosser. 

Rian van Heerden
Verskaf/ kykNET
Rian van Heerden
Verskaf/ kykNET

Kyk na die voorskou hieronder: 

'Karakter' ‘n reeks van dertien episodes elk met ‘n interessante karakter as fokus, elke Maandag om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ Rian van Heerden 

Show's Stories