KYK: Bertus Basson help Tannie Evita Bezuidenhout se restaurant met nuwe voorkoms

KYK: Bertus Basson help Tannie Evita Bezuidenhout se restaurant met nuwe voorkoms

In 72-uur het supersjef Bertus Basson die ikoniese restaurant Evita Se Paron in Darling 'n nuwe voorkoms gegee. 

In Die Sop Bertus Basson
YouTube/ In Die Sop

Die ekonomie wêreldwyd het afgelope jaar ’n harde klap gekry. Een van die industrieë wat seker die hardste getref is, is die restaurantbedryf.

LEES: Is jou restaurant in die sop? kykNET se nuwe realiteitsreeks kan dalk jou eetplek help

Maar moet die pandemie en die ekonomie al die skuld kry vir eetplekke se probleme? Het dit nie dalk ook te doen met swak diens, verouderde spyskaarte en oninspirerende dekor nie? 

Bekroonde sjef, Bertus Basson kom tot die eetplekke se redding. 

LEES: "Dolla móés gaan" - Margit groet Dowwe Dolla na twee dekades

'In Die Sop: Restaurant Evolusie' is ’n splinternuwe realiteitsreeks wat op kykNET is.

“Ek het al groot sukses gemaak, maar oor die jare het ek ook baie foute gemaak en duur lesse geleer,” sê hy. “Nou wil ek graag daardie insigte met ander restaurant-eienaars deel.”

LEES: Etiketghoeroe Emsie Schoeman se wenke vir goeie tafelmaniere

In die tweede episode van 'In Die Sop' het Basson en sy span dekundiges die legendariese restaurant Evita Se Paron van Tannie Evita Bezuidenhout besoek. Binne 72-uur het die span die restaurant 'n splinternuwe voorkoms gegee. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: YouTube/ In Die Sop

Show's Stories