"Boer Soek 'n Vrou & Binnelanders is die beste programme" - kykNET vier 20 jaar van vermaak op die Scenic Drive!

"Boer Soek 'n Vrou & Binnelanders is die beste programme" - kykNET vier 20 jaar van vermaak op die Scenic Drive!

Janine Opperman en Karen Meiring het kykNET se 20ste verjaarsdag saam met Rian van Heerden en die Scenic Drive-span kom vier. 

kykNET vier 20 jaar van vermaak op die Scenic Drive!
Jacaranda FM

In 1999, het die Afrikaans-kanaal kykNET sy eerste verskyning op televisie gemaak - en kykers regoor Suid-Afrika het van blydskap gejuig. Vir die eerste keer, was daar 'n splinternuwe kanaal nét vir Afrikaans-sprekendes. 

LEES MEER: Kankerstryd inspireer kykNET drama 'Tydelik Terminaal'

kykNET eerste uitsending was op 15 November en die heel eerste program was op die kanaal was 'Emma Koe Lê Ma.' 'n Paar jaar daarna, op 16 Julie 2014 het DStv aangekondig dat kykNET in hoë definisie uitgesaai sal word van 12 Augustus 2014 af.

20 jaar later, en die kanaal is sterker as ooit. 

kykNET kanaalhoof, Karen Meiring en hoof van realiteit en vermaak, Janine Opperman het die suksesvolle mylpaal met die Scenic Drive-span gevier!

"Boer Soek 'n Vrou en Binnelanders is die beste programme op kykNET," Opperman en Meiring. 

"kykNET is 'n familie-kanaal en ons hou van saam mense kuier. Die tipiese kyker is soos At Koster - hy is suksesvol en is lief vir sy familie," Opperman. 

"Ons doen dit om 'n verskil te maak in Afrikaans. Ons wil goeie stories vertel," Meiring. 

"Ons kykers is lief vir hul stories en realiteitsprogramme," Opperman.

Luister na die onderhoud hieronder:

Jacaranda FM se Rozanne McKenzieCarla Mckenzie, Elana Afrika-Bredenkamp, Philicty Reeken en Rian van Heerden is tans te sien op kykNET - en hulle deel 'n spesiale video met kykNET.

KYK HIER

Show's Stories