Kankerstryd inspireer kykNET drama 'Tydelik Terminaal'

Kankerstryd inspireer kykNET drama 'Tydelik Terminaal'

Elanie Rupping se stryd met kanker het die splinternuwe kykNET-reeks geïnspireer. 

Tydelik Terminaal
Jacaranda FM

Op die ouderdom van 22, word die filmstudent Elanie Rupping met bloedkanker gediagnoseer - en haar lewe verander in 'n oogwink. 

Op 30, besluit Rupping om haar storie te vertel deur 'n ligte dramareeks - 'Tydelik Terminaal.'

Die reeks speel af oor die ses maande waartydens sy chemoterapie ondergaan, haar studies probeer voltooi, en boonop onverwagse lewenservaring en -wysheid opdoen.


Die reeks is tans te sien op kykNET.

LEES OOK: Jennifer Hudson transforms into Aretha Franklin for new movie 'Respect'

Die reeks volg die lewe van gedrewe 'Kittie Claassen', 'n joernalistiekstudent wat met bloedkanker gediagnoseer word. Die hoofrol word vertolk deur, Carla Smit. Die res van die rolverdeling sluit Arno Greeff en Anna-Mart van der Merwe in.

Elanie Rupping, Arno Greeff en Eve Rasimeni het die Scenic Drive-span besoek om meer te deel oor haar reis met kanker en die splinternuwe reeks. 

"Dit was 'n baie emosionele tyd vir my as jong student. Ek het geen idee gehad wat gebeur het nie - alles was net teveel. Skielik is jy weerloos," Elanie Rupping.

"Toe ek jonger was, het my pa kanker gehad. Ek was baie jonk - so ek het nie veel verstaan nie. Nou dat ek 24 is, verstaan ek meer. Hy is nou gesond," Arno Greeff.

"Ek het 'n vriendin gehad - sy het ook kanker gehad. Die reeks het my geleer dat ons moet dankbaar wees vir ons gesondheid," Eve Rasimeni. 

KYK MEER OOR DIE REEKS

Tydelik Terminaal elke Woensdag om 20:00 op kykNET kanaal 144

Show's Stories