Die nuwe 'Fiela se Kind' lokprent is uiteindelik hier

Die nuwe 'Fiela se Kind' lokprent is uiteindelik hier

Die rolverdeling bestaan uit Zenobia Kloppers as ‘Fiela Komoetie’, en Wayne Smith as ‘Benjamin SNR’.

Die tweede 'Fiela se Kind' is uiteindelik hier

Die ikoniese fliek, 'Fiela se Kind' - wat gebasseer is op die boek van Daleen Matthee - maak later vanjaar amptelik weer sy verskyning.

In die 1980's, het Sharleen Surtie-Richards die ikoniese rol van Fiela Komoetie vertolk.

Fiela Komoetie, is 'n bruin vrou van die Langkloof wat 'n wit optelkind, Benjamin, versog. Tydens sensusopname is hy van haar weggeneem. Jare later, as jong man het hy teruggekeer huistoe - waar hy behoort, by sy man, Fiela Komoetie.

Surtie-Richards het in Mei die Scenic Drive-span besoek om, onder andere opinie te lig oor die nuwe weergawe van die fliek. Alhoewel sy die weergawe van die fliek voorspoed toewens, meen Surtie-Richards dat Suid-Afrikaaners vir altyd haar gaan onthou as Benjamin Komoetie se moeder.

"Ek is die enigste Fiela Komoetie, en dit is dit. Fiela is tydloos," het Surtie-Richards aan Rian gesê.

LUISTER NA DAARDIE ONDERHOUD HIER: 'Ek kry verskriklik swaar' bieg Sharleen Surtie-Richards in eerlike onderhoud met Rian 

In die tweede rolprentweergawe, wat vanaf 13 September landswyd in teaters begin draai, word die rol van Fiela Komoetie deur die Zenobia Kloppers vertolk.

Luca Bornman vertol die rol van Benjamin Komoetie. 

Die rolverdeling bestaan verder uit Wayne Smith as ‘Benjamin SNR’, Wayne van Rooyen as ‘Selling Komoetie’, Drikus Volschenk as ‘Elias van Rooyen’, Cindy Swanepoel as ‘Barta van Rooyen’, Chiara Roodt as ‘Nina JNR’, Melissa Willering as ‘Nina SNR’, en Stefan Erasmus as ‘Tollie Komoetie SNR’.

KYK HIER NA DIE LOKPRENT

Show's Stories