Drama in 'Op My Eish' toe Liesa huistoe gestuur word

Drama in 'Op My Eish' toe Liesa huistoe gestuur word

Gemoedere het hoog geloop in Donderdagaand se episode van 'Op My Eish!' toe Neels van Jaarsveld ’n dame onverwags huistoe stuur.

Op My Eish!
Verskaf/ kykNET

Neels van Jaarsveld se eerste afspraak met drie van die dames; Janka, Abigail en Lizelle het heel aangenaam afgeloop. Dié klomp het met haaie gaan swem in Gansbaai. 

LEES: Is jou restaurant in die sop? kykNET se nuwe realiteitsreeks kan dalk jou eetplek help

Maar dis sy tweede afspraak wat so onverwags geëindig het. Neels het vir Hettie, Dorianne en Liesa genooi om die Rooiels Natuurreservaat saam met hom te gaan verken. Hy het bietjie vir Hettie en Dorianne leer ken, maar toe dit Liesa se beurt is, het Neels besluit om haar huistoe te stuur. 

Hy het beskryf dat hulle beter as vriende sou werk. Maar hierdie ervaring maak nie die deur na liefde toe vir Liesa nie!

LEES: Simoné deel oulike foto's van haar Harper

Die een ding wat sy van haarself geleer het tydens die proses, is dat sy eintlik baie meer spesiaal is as wat sy besef het.

“Dit klink snaaks, maar die girls het my rêrig soveel van my potensiaal, talent, inner en outer beauty laat sien. Ek moet seker net nie so hard op myself wees nie en myself sien soos ander mense my sien,” sê Liesa.

Op My Eish!
Verskaf/ kykNET

Kort ná Liesa huistoe is, moes Hettie en Dorianne die nuus met die ander dames deel. Janka het dadelik emosioneel geraak en gevoel dis onregverdig dat sy huistoe gestuur is. Dis toe dat Laurika haar stelling bevraagteken en ’n argument ontstaan.

“Ek was close met al die meisies, maar spesifiek met Tanya en Janka. Die feit dat hulle vir my opgestaan het, was absolutely amazing, want ek sou dieselfde vir hulle gedoen het. Maar oor die algemeen voel ek konflik is nooit nodig nie,” sê Liesa. 

FOTO'S: '7de Laan' se Zac, Tiaan, Bart en George hou reünie

En is sy nog oop vir liefde? 

“Ek is, maar ek is nie opsoek daarna nie. Ek is nou nie op die jagtog daarvoor nie,” skerts sy.

Nou sal ons moet wag en sien hoe goed die dames volgende week oor die weg kom!

Skakel volgende week weer in op kykNET, DStv-kanaal 144, om Neels se soeke na liefde te volg.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf

Show's Stories