Carike Keuzenkamp ontvang COVID-19-inenting

Carike Keuzenkamp ontvang COVID-19-inenting

Vir die legendariese sanger, Carike Keuzenkamp was die proses "pynloos".

Carika Keuzenkamp
Facebook/ Carika Keuzenkamp

Die legendariese sanger, Carike Keuzenkamp het Donderdag die Phizer-enstof ontvang - en het die opwindende nuus op sosiale media gedeel. 

LEES: Nuwe paartjie maak 'n draai in 'Suidooster'

"Ons het die eerste Phizer-inenting teen COVID-19 ontvang," het Keuzenkamp op Facebook gedeel. 

Volgens Keuzenkamp, was die proses "pynloos" en "vinnig".

Keuzenkamp het met Rian van Heerden gesels oor die proses.

LEES: 'Op My Eish!' se Dorianne is verloof aan haar prins!

"Daar was gemengde kommentaar en reaksie van mense. Ons het amptelike navorsing gevolg en as mens eers medisyne begin bevraagteken, gaan ons alles begin bevraagteken. Dit was pynloos en vinnig, en só professioneel."

"Ons is so bly ons het dit gekry - ons het die regte ding gedoen. 'n Mens is net meer ontspanne én mense hoef nie bang te wees nie."

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Facebook/ Carike Keuzenkamp

Show's Stories