Nuwe paartjie maak 'n draai in 'Suidooster'

Nuwe paartjie maak 'n draai in 'Suidooster'

Aanhangers van die kykNET-sepie, 'Suidooster', het dié week twee nuwe karakters ontmoet na hulle onlangs afskeid geneem het van Desiré Gardner (Carmen) en Monique Rockman (Joy).

Suidooster
Verskaf/ kykNET

Die twee nuwe akteurs is Esther von Waltsleben (49) as 'Elana' en Natasha van der Merwe (36) as 'Susan'. 

'Elana' en 'Susan', wat ‘n getroude paartjie is, het ’n kuierplek in Ruiterbosch gekoop wat hulle gaan opknap en dit sal bekend staan as 'Die Anker'.

LEES: Tatoe-kunstenaar laat duisende gons in 'Karakter'

'Elana' wil vir haar en 'Susan' ’n standvastige lewe in Ruiterbosch skep, en hopelik kan hulle dalk ’n gesin begin. Boonop is 'Susan' ook een van 'Justin' (Eden Classens) se eksmeisies, wat natuurlik ook tot intrige lei. 

Esther, wat in Pniel buite Stellenbosch woon, het haar naam gemaak as komediant en aktrise al en was onlangs in die kykNET storiefilm, 'Tannie Elsie' te sien.

Suidooster Esther von Waltsleben
Verskaf/ kykNET/ Esther von Waltsleben as 'Elana' in 'Suidooster'

“Ek het sonder om ’n oog te knip die rol van 'Elana' aanvaar, want dit gee my ’n goeie geleentheid om my loopbaan as aktrise te ontwikkel,” sê sy.

LEES: Rian van Heerden verander van 'Karakter'

“Dis ’n groot uitdaging om in ’n sepie te speel, maar ek voel bevoorreg om binne hierdie ongelooflike ondersteuningsraamwerk en goed-geoliede masjien te kan werk.” 

Natasha, wat tot onlangs ’n vryskut akteur was, het vir die geleentheid om deel van 'Suidooster' se permanente rolverdeling te raak van Johannesburg na Kaapstad verhuis.

LEES: "Jy was ons rots" - Je-Ani Swiegelaar bring hulde aan haar geliefde TV-pa

“'Suidooster' was ’n geleentheid wat op presies die regte tyd en die regte plek oor my pad gekom het. Sover het ek elke minuut daarvan terdeë geniet en elke dag leer ek iets nuuts,” sê sy.

LEES: 'Getroud Met Rugby' se Sean van Noordwyk nóú Mnr. Wêreld Suid-Afrika


“My karakter is heerlik. 'Susan', wat verkies om Suzie genoem te word, is sjarmant en deernisvol, terwyl sy glo alles in die lewe het ’n plek en moet met respek hanteer word. Tog moet Susan se borrelende persoonlikheid jou nie flous nie, want sy het ook ’n misterieuse kant en sy is nie ’n katjie wat sy sommer sonder handskoene moet aanpak nie.”

Suidooster Natasha van der Merwe
Verskaf/ kykNET/ Natasha van der Merwe as 'Susan' in 'Suidooster'

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ kykNET

Show's Stories