"Jy was ons rots" - Je-Ani Swiegelaar bring hulde aan haar geliefde TV-pa

"Jy was ons rots" - Je-Ani Swiegelaar bring hulde aan haar geliefde TV-pa

Je-Ani Swiegelaar se woorde aan haar TV-pa het duisende luisteraars se harte geroer. 

Ben Kruger
Instagram/ Je-Ani Swiegelaar

Op Woensdag, het Suid-Afrika die skok nuus ontvang dat die legendariese akteur, Ben Kruger op die ouderdom van 64 oorlede is. 

Kruger is Dinsdagaand in sy huis in Pretoria oorlede. 

LEES: Legendariese akteur Ben Kruger oorlede

Die hartseer nuus was bevestig deur kykNET en 'Binnelanders'.

Vir amper nege jaar was Kruger deel van die 'Binnelanders'-span, waar hy die rol van 'oom Okkie' vertolk het. 

LEES: Bekendes bring hulde aan akteur Ben Kruger

"Ons sal hom altyd onthou vir sy professionaliteit, sy waardigheid, sy humorsin – en natuurlik sy vermoë om ‘n potjie van formaat te maak! Ons gaan Ben verskriklik mis.” - Elsje Stark, Vervaardiger: 'Binnelanders'.

'n Persoon na haar Kruger se hart was, aktrise Je-Ani Swiegelaar.

Swiegelaar vertolk die rol van 'Naomi Koster' en is ook die dogter van 'oom Okkie' in kykNET-sepie.

LEES: 'Getroud Met Rugby' se Sean van Noordwyk nóú Mnr. Wêreld Suid-Afrika

Op Woendag, het 'n emosionele Swiegelaar hulde gebring aan haar geliefde TV-pa. 

"Vandag het jou kleedkamer in 'n spookdorp verander. Jy was ons rots, ons mentor en kollega."

Luister na die emosionele oomblik hier: 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Instagram/ Je-Ani Swiegelaar

Show's Stories