Geliefde 'Song Vir Katryn'-aktrise swanger met eersteling
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die gewilde en geliefde aktrise en TV-aanbieder, Therese Bam, is swanger met haar eersteling.

Die geliefde 'Song Vir Katryn'-aktrise en gewilde Kwêla-aanbieder, Therese Bam is swanger met haar eersteling.
Op Maandag, het Therese Bam aangekonding dat sy haar eersteling verwag.
LEES: EKSKLUSIEF: 'Villa Rosa'-ster Therese Bam terug in sepie na 6 jaar!
Volgens Bam se Instagram-inskrywing was dit nie maklik nie.
"Met die hulp en raad van talle deskundiges, spesialiste en 'n fantastiese eierskenker, én bo alle verwagtinge, het ons grootste droom na drie jaar 'n realiteit geword: einde Augustus 2021 verwelkom die Bam-gesin 'n nuweling!" het Bam op Instagram gedeel.
"Ons harte loop oor. Om te sê dat ons dankbaar is, kan nie naastenby verwoord hoe ons voel oor die koms van ons seun nie. Dit was 'n lang pad, maar ons groot avontuur begin nou eers. Ek sou hierdie pad saam met geen ander man op aarde wou aandurf as Chris Bam nie. Hy is reeds 'n pappa duisend!"
Veels geluk, Therese en Chris!
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
FOTO: Instagram/ Therese Bam
Show's Stories
-
The secret emojis Gen Zs are using and their meanings
Can you understand the meaning behind the emoji?
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago -
UNO is coming to Las Vegas casinos
Las Vegas is throwing out a wildcard!
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago