Gerrie Pretorius: Tien plekke wat jy móét besoek

Gerrie Pretorius: Tien plekke wat jy móét besoek

Wonder jy soms waar om vakansie te gaan hou? Sanger en aanbieder, Gerrie Pretorius het net die regte bestemmings vir jou!

Gerrie Pretorius: 10 Plekke wat jy móét besoek
Instagram / Gerrie Pretorius

Die gewilde aanbieder van 'Leef jou Reis', Gerrie Pretorius het tien van sy gunsteling-vakansie-bestemmings met ons gedeel. 

1) Die Soá Bento treinstasie in Porto met sy 20 000 blou teeltjie (Azulejos) – dis gebou bo-oor 'n benediktynse klooster (wat destyds ook afgebrand het)- hulle sê jy kan party aande nog die none hoor sing.  

 2) Die Zaansce Shans in Nederland met sy Windmeulens naby Volendam - hier kry jy 'n gevoel oor hoe “ou Holland” nog was- hulle dra nog klompe en maak tradisionle stroopwafels. 

LEES OOK: Jo Black wants you to join him at our next #Straatbraai

3) Schonbrunn Paleis in Wene – die laaste ampswoning van die Hapsburg ryk. Die paleis het meer as 1400 kamers en die wêreld se oudste dieretuin is ook daar. Dit was eers 'n jagplaas en toe omskep in 'n paleis uit jaloesie met Versailles. 

Gerrie Pretorius: 10 Plekke wat jy móét besoek
Schonbrunn Palace in Wine

4) Debre Damo in Ethiopia – oudtse permanente bewoonde Christen kerk ter wêreld (langer as 800 jaar permanent bewoon) – Klomp priesters wat basies bo op 'n berg afgesonderlik gewoon en jy kan slegs daar kom deur te “abseil” met 'n leer tou van oor die 100 jaar oud. Die priesters mag nooit die kerk grond verlaat nie. 

5) Saint Helena Eiland – waar Boer, Brit, Fransman en Zulu saam vasgevang was in die middel van die oseaan - van Zulu koning tot boere-generaal tot die Napoleon die magtigste man op aarde op sy tyd.  Jy stap letterlik terug in die 1980’s.  Die huis van Napoleon is daar te vind en daar woon die wêreld se oudste dier nog - 280 jaar oud. 

6) Die Parthenon bo-op die Acropolys in Athene:  basies waar demokrasie begin het.  Opgedra aan griekse godin, Athina….reeds 4000 jaar voor Christus bewoon . Dit is gebou deur die beste argiteket van antieke tyd – en het baie geboue inspireer tot die 'White House' (het ook al gebrand vanwee 'n bakleierye tussen die Venetiers en die Turke.) 

LEES OOK: 'I never wanted to enter Idols' -Bianca Le Grange

7) Die Basillica Cistern in Istanbul - basies die hele Istanbul en groot dele van Turkye met plekke soos Effese. Is 'n besoek werd. Bekend gestaan as klein-Asië. Die Basilica Cistern – is 'n water opgaar tenk onder die stad wat amper 1500 jaar bestaan en die stad van water sou voorsien tydens 'n aanval. Dis die grootte van 'n massiewe katedraal met omtrent so 80 000 kubieke meter water daarin. Dis gevul met visse (wat destyds ook kos sou voorsien) en lê daar selfs 'n misterieuse “medusa” kop (griekse godin) in die water.

Gerrie Pretorius: 10 Plekke wat jy móét besoek
Basilica Cistern in Istanbul

8) Die Kraal van Dingaan – hoe hy met sy nagenoeg 5500 weermag daar gebly het – hoe hulle geleef het en wat hulle geeët het.  Klomp jong vrouens moes daagliks meer as 20 km ver stap om sy water te gaan haal. Die hyennas het saans kom skoonmaak - baie mense het gepraat van Dingaan se skoon en netjiese kraal- selfs Piet Retief.

9) Die Taj Mahal – 'n Indiëse gebou uit liefde vir 'n geliefde. Sekerlik een van die mees imposante geboue ter wêreld.  Die 'Shah’  het dit vir sy derde vrou gebou. Dit het ongeveer 20 jaar geneem om te bou en 22 0000 mense. Daar was ook gerugte dat hulle hande afgekap is, dat hulle nooit weer dit kon dupliseer nie. 

LEES OOK: The Bachelor SA, Lee Thompson says he found love

10) Jerusalem  - die “Paleis van Koning Herodu's – daar is soveel konflik binne die klein antieke stad wat vir meer as een geloof baie belangrik is.  Die ontdekking van die nuwe “via Dolorosa” onder die antieke stad skep nogals baie vrae - die klaagmuur/Western Wall is onder die beheer van die Jode en net agter die muur is dit weer Tempelberg (Temple Mount) en daar is die Muslims weer aan beheer. Geloof bring baie oorlog tot die stand en dit vernietig baie van ons erfenis. 

HIER IS 'N VOORSKOU VAN 'LEEF JOU REIS' 

Show's Stories