'Getroud Met Rugby' se David en Christel verwelkom "klein wonderwerkie"
Updated | By Dean Paulse
Sepiepaar David Louw en Christel van den Bergh het die goeie nuus met die wêreld gedeel.

Nes hul karakters in 'Getroud Met Rugby' is dié twee ook verlief en het hulle hierdie Paasnaweek hulle "klein wonderwerkie" met die wêreld gedeel.
LEES: 'Suidooster' se Desiré Gardner het kykers in trane
Die akteurspaar David Louw en Christel van den Bergh het hierdie Paasnaweek die goeie nuus gedeel, nadat hulle die swangerskap privaat gehou het.
Die babaseuntjie, wie se naam eers later bekend gemaak sal word, is op 27 Maart gebore.
LEES: 'Getroud Met Rugby'-manne sny hare vir kankerbewustheid
"Ons mooiste babatjie is op 27 Maart 2021 gebore. Die afgelope paar maande was baie spesiaal en ons wou dit graag privaat hou. Maar nou dat ons klein wonderwerkie hier is, kan ons nie anders as om dit te wil uitbasuin aan die wêreld nie," het Van Den Bergh wat die rol van Renate Greeff vertolk, op Instagram geskryf.
"Om 'n pa te word, kom met baie verantwoordelikhede en met 'n nuwe titel 'PA'. 'n Titel wat belaai is met soveel trots en dankbaarheid," deel Louw op Instagram.
Veels geluk, David en Christel!
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Instagram/ David Louw
Show's Stories
-
Dad teaches us why you shouldn't tempt fate with a baby
This one is for the fathers who take the time to play with their babies...
The Workzone with Alex Jay 21 hours ago -
Father's Day Pup Walk for the Dads
The perfect day out to celebrate Dad and your pooch...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 21 hours ago