'Suidooster' se Desiré Gardner het kykers in trane

'Suidooster' se Desiré Gardner het kykers in trane

Desire Gardner het die afgelope paar weke duisende kykers se harte gebreek met die emosionele storielyn in 'Suidooster', asook lof ontvang vir haar uitstekende talent. 

Suidooster
Instagram/ Suidooster

Gewilde aktrise en skrywer, Desiré Gardner, wat die rol van Carmen Samsodien in 'Suidooster' op kykNET vertolk, het duisende mense aan die praat. 

In Februarie, het Carmen Samsodien die inwoners van Ruiterbosch verras met die nuus dat sy al ses maande swanger is. 

KYK: Nóg meer liefdesdrama op 'Boer Soek 'n Vrou'

Carmen en haar man, Rhafiek Samsodien, gespeel deur Irshaad Ally, het ongelukkig toe slegte nuus ontvang. Die paartjie het uitgevind dat hulle baba, Mikhail siek is. 

Mikhail, is gediagnoseer met het 'n rare-siekte genaamd, Edwards-sindroom.

KYK: Die Scenic Drive-span kuier met Dean Smith en al sy karakters

Edwards-sindroom is 'n seldsame én ernstige afwyking.

In Vrydagaand se episode, moes Carmen en Rhafiek afskeid neem van kleine Mikhail, wat net 'n paar dae oud was. 

Kyk hier na die emosionele oomblik:

Kykers het ook vir Desiré Gardner en Irshaad Ally geprys vir die geloofwaardigheid van hul toneelspel. 

"Baie goeie toneelspel Rhafiek en Carmen," het Sandra Basson op Facebook geskryf. 

LEES: Rian van Heerden besoek SA se mees unieke mense in nuwe reeks, 'Karakter'

"Perfect performance van Carmen en Rhafiek. Dit behoort 'n Oscar te kry," het Deborah Paulsen geskryf.

'Suidooster' is Maandae tot Vrydae om 18:30 op kykNET en kykNET & Kie.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Instagram/ Suidooster

Show's Stories