Gewilde akteur verlaat '7de Laan' na 15-jaar

Gewilde akteur verlaat '7de Laan' na 15-jaar

Die karakter, Vince Meintjies in '7de Laan' het op Maandag die sepie na 15-jaar verlaat. 

Jacques Blignaut
Jacaranda FM/ Jacques Blignaut

Op Maandag, het Jacques Ramon Blignaut, wie die karakter van Vince Meintjies vertolk die gewilde SABC-sepie, '7de Laan' verlaat. 

In 2006, het Vince, die gewilde Laan-sjef, sy verskyning gemaak in die sepie, en het dadelik kykers se harte gesteel. 

LEES: Geliefde 'Song Vir Katryn'-aktrise swanger met eersteling

Na jare in die Laan, het die karakter vir eers gegroet. 

"Na 15 jaar se werk met die wonderlikste groep mense, is dit tyd vir 'n nuwe avontuur. Ek hoop dat u saam met my op my volgende reis sal wees, terwyl ek nuwe plekke verken en nuwe bande sluit. Ek weet dit sal 'n seën wees," het Jacques Ramon Blignaut op Instagram geskryf.

Kyk hier na die emosionele groet. 

Jacques Blignaut het met die Scenic Drive-span gesels oor sy lewe as Vince Meintjies en sy splinternuwe reis na '7de Laan'. 

"Na 15 jaar is ek geseënd om solank te kon gewerk het as akteur. Toe ek by '7de Laan' begin het, was ek 26."

"Oor die jare, het ek baie mense sien kom en gaan." 

"Ek het nou begin werk aan 'n nuwe telenovela. Dit is moeilik. Ek is gewoond daaraan om dieselfde karakter te speel, maar nou is dit moeiliker."

Jacques Blignaut is een van die dae te sien in SABC 3 se splinternuwe telenovela, 'The Estate'. 

"Ek speel die rol van 'n dokter, en daar is baie drama."

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

FOTO: Jacaranda FM/ Jacques Blignaut

Show's Stories