"Grootste glips" - Aktrise Rolanda Marais word weer ma op 44

"Grootste glips" - Aktrise Rolanda Marais word weer ma op 44

Die Afrikaanse-aktrise, Rolanda Marais, het vroeër hierdie week haar swangerskap op Instagram bekend gemaak deur 'n foto van haar 20-weke baba-maag te deel.

Rolanda Marais
Instagram/ Rolanda Marais

“Die grootste glips van 2022!” het die opgewonde aktrise geplaas. 

LEES: Mila Guy en David Viviers speel dokter-dokter in 'Binnelanders'

“Maar ’n welkome een. Ek het nie gedink ek sal op 44 weer moet begin doeke koop nie, maar hier gaan ons.” 

Die egpaar, Rolanda Marias en Jozua Malherbe is albei in die vermaaklikheidsbedryf. 

LEES: Broer-duo, Droomsindroom, sing oor daardie spesiale sonneblom in die lewe

Marias het bekendheid verwerf vir haar rolle in produksies ondermeer 'Fynskrif', 'Binnelanders' en 'Ballade Vir `n Enkeling'.  

Marias was stomgeslaan toe sy aanvanklik van haar swangerskap uitvind het.  

“Ek is 44 en ek het nie gedink sulke glipse gebeur nog op hierdie ouderdom nie.” 

LEES: Bertus Basson spring wéér in om eetplekke op te kikker in 'In die Sop'

Malberbe is 'n bekroonde en alombekende vervaardiger en reggiseur veral vir sy merkwaardige vervaardiging van 'Griekwastad' waarin hy ook te sien is. 

Marias en Malherbe woon in Kaapstad nadat hulle in 2016 getroud is. 

Marias poseer saam met haar dogter, Charlotte, met 'n vintage romp en 'n rooi hemp en verklap ''n Bababoetie vir ons Charlotte. Sy is so opgewonde, dit laat my hart sing.”

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Volg ons op sosiale media: 

Foto: Instagram/ Rolanda Marais

Show's Stories