'Hokaai, My Meisie!' binnekort op die kassie

'Hokaai, My Meisie!' binnekort op die kassie

Kom op ’n reis saam met Shari Kennedy – van Matjiesfontein tot Tsitsikamma.

Sheri Kennedy
Verskaf/ kykNET

As dit nog altyd jou droom was om in die pragtige Elandsbaai te gaan branderplank ry of om op ’n riller van ’n rit op die Kalahari duine te gaan, dan is kykNET se nuwe reisprogram net vir jou! Op 'Hokaai, My Meisie!' kan jy dit en nog meer verwag!

Kykers volg die pragtige Shari Kennedy, aanbieder van die program, se soektog na avontuurlustige, kulturele en wonderlike Suid-Afrikaanse stories. Met besondere bravande en ’n tikkie glans. 

LEES: Die Scenic Drive-span kuier met Dean Smith en al sy karakters

Shari is ’n plaasmeisie van Upington, ma van drie, ’n avonturier en ’n waaghalse rabadoe sonder ’n banghaar op haar kop!

In elke episode sal Shari na ’n verskillende area in die land reis, tyd spandeer met ’n interessante karakter wat hulself inleef in hul spesifieke kultuur en sommer ’n lekker paar aktiwiteite saam met hulle doen. 

En niks is te veel vir Shari nie! Sy gaan van vierwielmotorfiets tussen die leeus in Hoedspruit na Laingsburg om Tannie Poppie se roosterkoek te proe.

LEES: Rian van Heerden besoek SA se mees unieke mense in nuwe reeks, 'Karakter'

En as dit nie roosterkoek is nie, gaan Shari ook op ’n boot in die Wes-Kus om te hoor hoe die vissermanne se lewens verander het sedert hulle Abalobi begin het. Abalobi is ’n selfoon-app vir vissermanne.

Shari sê sy het nie werklik besef watter juwele op haar voorstoep wag tot hierdie program gemaak is nie. “Die geheim is om van die hoofweg af te klim en die klein dorpies en agterpaaie te verken. Wat ’n belewenis! Ek het myself tot my limiete gedruk en die lekkerste mense ontmoet. Ek kan nie wag om hierdie avontuur met die kykers te deel nie,” sê sy opgewonde. 

Kom saam met Shari op die ekspidisie van ’n leeftyd na die uithoeke van Suid-Afrika, opsoek na wonderlike stories waar ander katvoet trap.

 'Hokaai, My Meisie!' begin 3 April 2021 om 18:30 op kykNET, DStv-kanaal 144!

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ kykNET

Show's Stories