Katinka Die Kat trou voor internet aanhangers
Updated | By Scenic Drive With Rian
Katinka Oosthuizen en Braam Weyers het besluit om hul troudag te vier - en aanhangers kon deel wees van die spesiale dag.
Saterdag, 9 Mei 2020, sou aanbieder en 'Survivor'-deelnemer Katinka Oosthuizen en Braam Weyers se groot dag gewees het.
Weens die inperking het dinge nie volgens plan verloop nie en die paartjie moes ongelukkig hul troue uitstel. Ongeag hierdie uitstelling, het Katinka en Braam besluit dat die pandemie of die inperking hulle nie gaan keer om hul liefde vir mekaar ten toon te stel nie.
LEES: 'Survivor'- deelnemer Katinka Oosthuizen 'trou' ongeag COVID-19
Die paartjie het besluit om aanhangers deel te maak van hul spesiale dag, deur hul troue aanlyn te stroom.
In 'n Instagram-inskrywing het Katinka genoem dat sy en haar verloofde - nó man - Braam besluit het om aanhangers deel te maak van hul troudag. Aanhangers kon kaartjies koop vir hul virtuele en intieme troue.
Op Sondag, het die paartjie die knoop deurgehak.
"Gister was die heel beste dag van my hele lewe. Feite. We became one! Dankie vir almal wat die dag moontlik gemaak het. Die Here was SO present en ons is sooo blessed om nou getroud te wees," het Katinka op Instagram geskryf.
View this post on InstagramA post shared by Katinka (@katinkadiekat_official) on
Show's Stories
-
South Africans spend the most time in traffic and they love it
South Africans reportedly love long rides to and from work.
Breakfast with Martin Bester 8 hours ago -
First look at Miley Cyrus as 'Hannah Montana' for 20th anniversary
The first teaser for the 'Hannah Montana' 20th anniversary special is here.
Breakfast with Martin Bester 9 hours ago