KYK: '7de Laan' maak wéér geskiedenis met gay-soen

KYK: '7de Laan' maak wéér geskiedenis met gay-soen

Die gewilde SABC 2-sepie, '7de Laan' het weereens geskiedenis gemaak met 'n gay-soen. 

7de Laan
Twitter/ 7de Laan

Die gewilde Afrikaanse-sepie, '7de Laan', het gisteraand weereens geskiedenis gemaak deur 'n gay-soen te wys. 

Deànré Reiners vertolk die rol van Shawn Basson, wat voorheen aan Lana Basson getroud was. Lana Basson word gespeel deur Mila Guy.

LEES: "Ek is nou op die sepie waarmee ek groot geword het" - Mila Guy kuier in '7de Laan'

Shawn Basson het openlik aan Lana Basson erken dat hy gay is, en die paartjie het saam besluit om paaie te skei. 

In gisteraand se episode, het '7de Laan' weereens duisende Suid-Afrikaners laat gons toe twee mans mekaar soen.

LEES: FOTO'S: '7de Laan' se Fikani en Alexa raak verloof

Shawn Basson het erken dat hy verlief is aan Emile. Emile word gespeel deur die talentvolle Christopher van der Westhuizen.

'7de Laan' het die spesiale oomblik op Twitter gedeel, en aanhangers het die oomblik geprys. 

Beverley skryf: "So 'n mooi oomblik."

Kyk na die oomblik hier: 

"Vooroordeel teen die LGBTQIA + -gemeenskap het ernstige sosiale kwessies veroorsaak met gevolge wat soms noodlottig is. Navorsing dui verder op 'n verreikende negatiewe impak op die samelewing as geheel as gevolg van homofobiese gedrag. Televisieprogramme soos '7de Laan' tree op as potensiële en belangrike weë vir die verandering van diskriminerende houdings en gedrag teen die LGBTQIA + -gemeenskap," Kayleen Bessit, Reklame-bestuuder.

 "As 'n program wat steeds verbind is tot inklusiwiteit en die weerspieëling van die samelewing, sal ons voortgaan om stories te vertel waarmee kykers kan deelneem. Ons wil nie hul siening oor die onderwerp verander nie, maar moedig hulle aan om verdraagsaamheid te hê en bedag te bly op die breër samelewing waarin ons almal deel vorm."

In 2017, het kykers behoorlik gegons oor '7de Laan' se eerste gay-soen na 17-jaar van die sepie se bestaan. 

LEES: Gewilde akteur verlaat '7de Laan' na 15-jaar

In dié episode het twee van Oppiekoffie se kelnerinne uitgevind dat Logan (Simon Tuit), eintlik gay is. Tot hul verbasing het Logan sy man, Divan, gespeel deur Arnu de Villiers, voor almal gesoen. 

Hierdie oomblik het almal in Suid-Afrika laat gons. 

Skakel in vir die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Twitter/ 7de Laan

Show's Stories