KYK: Caster Semenya verwelkom baba nommer twee!

KYK: Caster Semenya verwelkom baba nommer twee!

Caster Semenya het dié nuus op sosiale media onthul dat sy en haar vrou Violet Raseboya hulle twee baba verwelkom het.

Caster Semenya and her wife Violet
Caster Semenya and her wife Violet/ Instagram

Die Olimpiese-goue-medaljewenner, Caster Semenya en haar vrou, Violet Raseboya, het haar tweede baba verwelkom. 

Dié nuus is op sosiale media gebreek. 

KYK: Charlize Theron wys wat na-ure by Uma Thurman se huis gebeur

Semenya het op Instagram 'n foto van haar en haar vrou, Violet se trouringe oor die pasgeboornene se voete. Sy het by die plasing "Vreugde" as onderskrif bygevoeg.

Dié egpaar het hul eersteling Oratile, in Julie 2019 verwelkom nadat hulle die knoop in 2015 deurgehak het.

KYK: Charlize Theron wys wat na-ure by Uma Thurman se huis gebeur

In Julie 2021, het 'n opgewonde Semenya aangekondig dat sy en haar vrou hul tweede bondeltjie vreugde verwag.  

"Tien vingertjies, tien klein toontjies. Met liefde en genade groei ons gesin. Hierdie kosbare siel waarmee God besluit het om ons te seën," het sy op Instagram geskryf. 

Skakel in op die 'The Afternoon Drive', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af:

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories