KYK: Danny Smoke stel sy nuwe musiekvideo bekend op Valentynsdag

KYK: Danny Smoke stel sy nuwe musiekvideo bekend op Valentynsdag

Sanger Danny Smoke het sy splinternuwe musiekvideo vir 'Gaan Ons Inlê' op Valentynsdag op die Scenic Drive bekendgestel - kyk daarna hieronder!

Danny Smoke
YouTube

Die sanger, Danny Smoke, wat oorspronklik bekendheid verwerf het vir sy merkwaardige kitaarspel en musiekvervaardigingsvaardighede, is baie opgewonde om sy eerste album met die land te deel en beskou dit as een van die hoogtepunte van sy loopbaan sover. 

LEES OOK: KYK: Danny Smoke stel sy nuwe musiekvideo vry

Die album, 'Swaeltjies' wat geïnspireer is deur die skoner geslag, kan hoofsaaklik beskryf word as ’n mengsel betekenisvolle ballades en opgewekte kuiermusiek, wat gedryf word deur sterk melodieë en ’n ongelooflike energieke produksie. 

Sy debuut-vrystelling bestaan uit dertien snitte wat spesiaal verwerk is om sy stem en kitaarspel pragtig ten toon te stel. 

KYK DIE MUSIEKVIDEO VIR 'GAAN ONS INLÊ' HIER: 

Volgens Danny put hy die inspirasie vir sy musiek uit persoonlike ervarings en geniet hy elke oomblik wat hy op die verhoog kan wees. Omdat hy self musiek vervaardig, vind hy aanklank by die meeste genres en styl. 

Hy het groot bewondering vir Ryan Tedder van One Republic omdat hy so veelsydig is en respekteer enigiemand wat dapper genoeg is om musiek as ’n loopbaan te kies. Verder probeer hy sover as moontlik uit musiekpolitiek uit bly en meen hy dat dit belangrik is om jou eie stem te vind en te fokus op wat jou uniek maak, omdat musiek nie ’n kompetisie is nie.

Danny het sy splinternuwe liedjie vir ons gesing - kyk hier: 

Show's Stories