KYK: Gay NG Kerk-dominee inspireer Suid-Afrika met boodskap van genade

KYK: Gay NG Kerk-dominee inspireer Suid-Afrika met boodskap van genade

Ds. Louis van der Riet het die harte van Suid-Afrika gesteel. Hy het onlangs die eerste openlike gay persoon geword wat in die NG Kerk as leraar beroep is. 

Gay dominee: Inspireer Suid-Afrika
Facebook / Louis van der Riet

Ds. van der Riet het in 'n profielonderhoud met NETWERK24 gesels oor sy loopbaan en sy reis tot opelike gay man. 

Hy het ná matriek vir sy ma-hulle gesê hy twyfel oor sy seksualiteit. In 2016 het hy vir die eerste keer op Facebook geskryf dat hy gay is.

LEES OOK: ‘So, hier sit ek nou. Ek is gay’ – bekende Suid-Afrikaanse akteur

"Ek dink die klassifikasie dat ek 'openlik' gay is verwar baie mense. Sommige mense interpreteer dit as dat ek 'n gay leefstylleef, war ook al dit is, of dat ek losbandig is of rondslaap, want dis hulle verstaan van wat gay-wees beteken..." vertel Willemien Brümmer, joernalis by Netwerk24.

Ds. Louis is 30 jaar oud en is ook enkellopend. Sy grys-blou-oë, en stippel-baard maak van hom 'n aantreklike man, maar sy talente stop nie net daar nie. Hy is ook slim. 

"Ek was soos die ultimate hoofseun gewees. Ek het sulke golden boy-tendense gehad" het hy aan Willemien genoem. Hy was gekeur om medies te gaan studeer, maar het eerder op teologie besluit. Ds. Louis se ma is 'n kliniese sielkundige en sy pa 'n dokter. 

Vandag is hy 'n opelike gay dominee, want preek in die NG Kerk. Hy het besluit op die kerk, omdat dit 'n kerk is wat baie mense 'n vreemde reliek uit die apartheidsjare is. 

Ds. Louis was met ope arms ontvang deur die NG Kerk in Kraaifontein. Ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die algemene sinodale moderamen, het Van der Riet namens die breër kerkverband verwelkom. “Ons is oneindig trots daarop dat jy jou weg oopgesien het tot hier" berig Colette le Roux vir e.kerkbonde.

Na sy inseëning, het Van der Riet sy nuwe gemeente bedank vir hulle waagmoed en aanvaarding. "Ek is deel van 'n instansie wat soveel mense seergemaak het. Elke nou en dan kies mense wel liefde bo vrees... En dan maak die genade weer 'n bietjie sin. So, te danke aan julle kan ek vanaand nog 'n tree gee. Nog 'n versreël bysit." Dit was ds. Louis se woorde aan sy gemeente. 

KYK DIE VIDEO HIER ONDER



Show's Stories