‘So, hier sit ek nou. Ek is gay’ – bekende Suid-Afrikaanse akteur

‘So, hier sit ek nou. Ek is gay’ – bekende Suid-Afrikaanse akteur

Die akteur het honderde boodskappe gekry van ondersteuning die naweek. 

Armand Aucamp Instagram
Armand Aucamp Instagram

Armand Aucamp het duisende mense se harte gesteel onder andere in Die Boekklub toe hy die rol van die hartebreker en skrywer, Tom, vertolk het. 

Hy het al genoeg rolle gespeel soos Jan van Riebeeck in die fliek, Krotoa, Ballade vir ‘n Enkeling dat Suid-Afrikaners hom dadelik sal herken.

Hy wou al vir baie lank iets van sy hart kry en het dit aan bekroonde skrywer, Hanlie Retief gedeel. 

LEES: KYK: Joe Foster is verloof!

‘Vir die eerste 24 jaar kon ek nie in my eie skoene staan nie. Ek het rondgeloop met iets wat ek nie eers aan myself kon noem nie. Ek is gay,’ het Aucamp erken.

View this post on Instagram

ENGLISH TO FOLLOW: Link in Bio Op ouderdom 24 het ek teenoor familie, vriende en kollegas uitgekom. ‘Die berg’ wat ek al die jare as deel van my anatomie aanvaar het, het verbrokkel. Ek kon vir die eerste keer swèèf! Ek het myself belowe om nooit weer anders as eerlik daaroor te wees nie. Maar met elke sukses, elke projek, elke foto en onderhoud oor die afgelope 7 jaar, het daardie berg se klippe, stilweg en onbewustelik, weer stadig by my rug op gekruip en weer, op ouderdom 32, vierkantig op sy ou fondasies staanplek gevind. Tyd om die berg (weereens) af te breek. Ek gesels met Hanlie Retief in vandag se Rapport @rapportsa @netwerk_24 @lilipoen 💜💙💚💛🧡❤️ I came out to my family, friends and colleagues at age 24. The ‘mountain’ that I had accepted as a part of my anatomy for all those years, came crumbling down. For the first time in my life, I felt light. I vowed to never be anything but honest about it. But, with every success, every project, every interview and shoot over the past 7 years, that mountain came crawling back…Slowly, and unnoticed, those rocks made their way up my back and, at age 32, it had found its familiar foundations, square on my shoulders, once again. Time to bring the mountain down (yet again). I chat with Hanlie Retief in today’s @rapportsa @netwerk_24 💜💙💚💛🧡❤️

A post shared by A R M A N D - A U C A M P (@armandaucamp) on

Elma Smit, aanbieder by Jacaranda FM en boesemvriend, sê: "Mace, jy inspireer soveel mense & daar is niks mooier as jou liefde vir jou medemens nie. Dis net hoogtyd dat jy nou eindelik daardie selfde warmte op jouself ook rig!"

Show's Stories