KYK: Loki Rothman vervaardig bekende liedjie met net kombuisitems!

KYK: Loki Rothman vervaardig bekende liedjie met net kombuisitems!

Ons ken hom as die kitaarvirtuoos, sanger en TV-aanbieder. En nou het Loki Rothman nóg iets by sy vele talente bygevoeg!

Loki Rothman
Verskaf

In hierdie week se episode van kykNET se realiteitsreeks 'Wat Dit Vat', het Loki Rothman ’n nuwe weergawe van Die Heuwelsfantasties se 'Pille Vir Kersfees' vervaardig, maar daar is ’n kinkel in die kabel. Hy het net gebruik gemaak van kombuisitems! 

LEES: Alter Ego: Die Afrikaanse tweeling-duo se debuut enkelnsit is hier!

'In Die Lowdown Met Loki'-segment wys Rothman vir kykers wat dit vat om in sý stoel te sit. Hier wys hy die do’s en don’ts van liedjie-vervaardiging.

In verlede week se episode het hy rondgespeel met sy kombuisitems met die doel om ’n popliedjie op ’n budget te vervaardig! Van ’n broodblik en glase, tot ’n kombuisdeur en soutpotjie – alles om die klank van instrumente te maak. 

LEES: FOTO'S: Alles oor 'Getroud Met Rugby' se luukse troue

“Jy begin by die verskillende klanke wat jy kan kry, maar die grootste deel van die challenge was om ’n instrument te maak uit al die items. Ek was self verbaas!” vertel hy.

Toe Rothman al sy klanke gekry het, het hy vir Pierre van Die Heuwelsfantasties gevra om die nuwe weergawe saam met hom op te neem. Pierre was eers bietjie onseker, maar toe dadelik opgewonde toe hy hoor wat Rothman bymekaar gegooi het.

 Kyk die eindproduk hier.

Wat dink jy daarvan? 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

 'Wat Dit Vat' is elke Maandagaand om 20:30 op kykNET, DStv-kanaal 144.

Foto: Verskaf

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories