FOTO'S: Alles oor 'Getroud Met Rugby' se luukse troue

FOTO'S: Alles oor 'Getroud Met Rugby' se luukse troue

Kyk net na die pragtige foto's hieronder!

Getroud Met Rugby
Verskaf/ Lourens van der Westhuizen van WesLou Visuals

Stephanie Baartman wat die rol van 'Bibi' in 'Getroud Met Rugby' vertolk, was vanaf die eerste keer dat sy vir 'Jordan', gespeel deur Theodore Jantjies, gesien het, verlief op hom. Hy het egter nie dadelik dieselfde gevoel nie, en hulle was vir lank net vriende, maar hy het uiteindelik besef hy is net so verlief op haar. 

 LUISTER: Emosionele Bobby van Jaarsveld bring hulde aan vriend Theuns Jordaan

Na ’n hele paar ups & downs in hulle verhouding, het hulle in April vanjaar verloof geraak en toe stil-stil in Kaapstad gaan trou. 

Die troupartytjie is op Vrydag, 19 November gehou. 

 LEES: SA bekendes bring hulde aan Theuns Jordaan

'Bibi' se troutrok is deur Just Tonight Josephine gemaak en gehuur. 

'Jordan' het ’n klassieke swart pak gedra om die romantiese kleure en lae van 'Bibi' se rok te kontrasteer. Hy het baie koninklik & manlik teenoor haar sagte & jeugdige voorkoms gelyk.

LEES: Waldimar Pelser: Ontmoet kykNET se nuwe hoof

Die trouringe is ontwerp en gemaak deur Imraan by HMS Jewellers in Brixton. Die style is gebaseer op die karakters se persoonlikhede en hul verhouding.

Die troufoto’s is deur Lourens van der Westhuizen van WesLou Visuals geneem. 

'Getroud Met Rugby' is vanaf Maandae - Vrydae om 18:00 op kykNET (DStv 144) te sien.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ Getroud Met Rugby/ Lourens van der Westhuizen van WesLou Visuals

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories