LUISTER: Emosionele Bobby van Jaarsveld bring hulde aan vriend Theuns Jordaan

LUISTER: Emosionele Bobby van Jaarsveld bring hulde aan vriend Theuns Jordaan

Die geliefde rasperstemsanger Theuns Jordaan is Woensdag in die ouderdom van 50 oorlede.

Bobby van Jaarsveld en Theuns Jordaan
Instagram/ Bobby van Jaarsveld

Suid-Afrikaners het Woensdag die hartseer nuus ontvang dat die geliefde sanger Theuns Jordaan oorlede is. 

Leukemie is in September verlede jaar by die sanger gediagnoseer en hy het sedertdien chemoterapie ontvang. 

LUISTER: SA bekendes bring hulde aan Theuns Jordaan

Jordaan is nie net bekend vir sy rasperstem nie, maar ook vir sy liedjies soos 'Sal Jy Bly', 'Roeper' en sy gewilde duet met Juanita du Plessis, 'Bring Jou Hart.'

Sy eerste album, 'Vreemde Stad', is in 2000 uitgereik. 

LUISTER: Bekendes bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards 

Theuns Jordaan se jarelange vriend, Bobby van Jaarsveld het 'n hartroerende huldeblyk gedeel.

"Theuns soos ek hier sit en skryf met droë rooi gehuilde oë en ñ hart wat hard vinnig seer klop met hande wat bewe terwyl ek tik, eer ek jou vir die mentor wat jy was vir my. Ons stap al so lang pad saam en nie besef dit gaan so vinnig eindig nie. Ek was jou eerste kunstenaar wat jy geteken het. Jy het hard baklei vir my en ek kon net nie glo dat die groot reus van ñ ikoon in my glo nie," het Van Jaarsveld op Instagram gedeel.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Instagram/ Bobby van Jaarsveld

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories