Bekendes bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards
Updated | By Scenic Drive With Rian
Suid-Afrika is in rou na die skielike dood van die ikoniese aktrise, Shaleen Surtie-Richards.
Op Maandag, 7 Junie, het Suid-Afrika die hartseer nuus ontvang dat die ikoniese aktrise, Shaleen Surtie-Richards (66) oorlede is.
Volgens Netwerk24, is Surtie-Richards dood in 'n gastehuis gevind. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.
LEES: Die Scenic Drive vier Vrouemaand: Shaleen Surtie-Richards
Surtie-Richards is veral bekend vir haar rol as 'Nenna Willemse' in die sepie, 'Egoli' asook vir haar rol as 'Fiela Komoetie' in die legendariese film, 'Fiela Se Kind'.
Sy was in die Kaap om aan die kykNET-telenovelle, 'Arendvlei' te verfilm.
LEES: Shaleen Surtie-Richards verklap haar mees ikoniese rolle
Die veteraan aktrise word bestempel as een van Suid-Afrika se mees bekroonde aktrises.
Deur die jare as aktrise, het Surtie-Richards met verskeie akteurs gewerk. Na die skielike afsterwe van die geliefde aktrise, het bekendes hulde gebring aan die ikoon.
Nog ander bekendes het hulde gebring aan Surtie-Richards.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Facebook/ Brümilda van Rensburg
Show's Stories
-
LOOK: Dua Lipa shares love for SA after Kruger Park trip
The English pop star is back in South Africa!
Breakfast with Martin Bester 44 minutes ago -
This small South African town is up for auction
Are you in the market for a whole town?
Breakfast with Martin Bester an hour ago