KYK: Nóg meer liefdesdrama op 'Boer Soek 'n Vrou'
Updated | By Scenic Drive With Rian
In Donderdagaand se episode van 'Boer Soek 'n Vrou' op kykNET, was daar behoorlik drama.

Sosiale media was weereens aan die gons na Donderdagaand se episode van 'Boer Soek 'n Vrou'.
LEES: Na 'n jaar vind 'Boer Soek 'n Vrou' se Arno Visagie ware liefde by Alexander
Na die topvyf boere elkeen drie dames gekies het om saam met hul plaas toe te gaan, moes hulle in gisteraand se episode, een dame huis toe stuur.
Gedurende die belangrike besluit, het boer Kobus besluit om beide dames, Maxie en Lynette huis toe te stuur.
"Ek gaan dit nie lank maak nie. Julle is twee bitter special vroue. Só special dat ek nie 'n keuse kon maak tussen julle twee nie. So, ek gaan vir julle albei vra om huis toe te gaan vandag."
KYK: Die trane rol na boere dames huis toe stuur op 'Boer Soek 'n Vrou'
Terwyl Maxie en Lynette die plaas verlaat het, het Maxie genoem dat sy dit verwag het.
"Ek het geweet hy gaan dit doen. Ek het net daai feeling gehad."
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
FOTO: kykNET
Show's Stories
-
LOOK: From wigs to urinals, Uber releases list of lost items
The e-hailing service has shared its 2025 Lost and Found index, which is...
The Drive with Rob & Roz 14 hours ago -
WATCH: New password hack will make your dreams come true
Have you tried using your passwords for manifestation?
The Drive with Rob & Roz 15 hours ago