KYK: Die trane rol na boere dames huis toe stuur op 'Boer Soek 'n Vrou'

KYK: Die trane rol na boere dames huis toe stuur op 'Boer Soek 'n Vrou'

Op Donderdagaand se episode van 'Boer Soek'n Vrou' op kykNET, was daar behoorlik drama en selfs meer trane. 

Boer Soek 'n Vrou
Facebook/ Boer Soek 'n Vrou: Michellé verlaat die plaas in trane

Sosiale media was weereens aan die gons na Donderdagaand se episode van 'Boer Soek 'n Vrou'.

LEES: Na 'n jaar vind 'Boer Soek 'n Vrou' se Arno Visagie ware liefde by Alexander

Na die topvyf boere elkeen drie dames gekies het om saam met hul plaas toe te gaan, moes hulle in gisteraand se episode, een dame huis toe stuur.  

In Clanwilliam het boer Albert 'n groot skok ontvang, nadat Trudie, een van die dames, besluit het dat sy die plaas wil verlaat.  Nadat boer Albert vir Marlia gegroet het, het Trudie besluit dat haar tyd ook op die plaas vir eers tot 'n einde moet kom. 

LEES: Gewilde akteur verlaat '7de Laan' na 15-jaar

In Randfontein was dit 'n tranedal. 

Toe dit boer Kobus se beurt was om 'n dame huis toe te stuur, was sy keuse ongelukkig, Michellé. Michellé het in haar kamer in trane uitgebars na boer Kobus se besluit. 

Die aanbieder, Marciel Hopkins het haar getroos en sterkte toegewens vir haar liefdesreis. 

Kyk hier na die emosionele oomblik. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

FOTO: Facebook/ Boer Soek 'n Vrou

Show's Stories