Marciel Hopkins is die nuwe 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder!
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die dag het aangebreek - en Marciel Hopkins is die splinternuwe aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou'. Hopkins gesels later met die Scenic Drive-span!

In Januarie, het Leah aangekondig dat sy dat sy die gewilde liefdesprogram met 'n 'swaar hart' verlaat.
Na Leah die aankondiging gemaak het, het Suid-Afrika begin wonder wie die volgende aanbieder sal wees.
LEES MEER: Boer Soek 'n Vrou: Wie is Lisa met die rooi hare?
kykNET het die opwindende nuus Donderdagmiddag gebreek en die nuwe aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou' is Marciel Hopkins!
View this post on InstagramA post shared by Marciel Hopkins (@marcielhopkins) on
Die internasionale model het drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en sy spog ook met ’n Honneursgraad in sielkunde, ook van Maties. Sy het sedert haar studies as ’n lewensafrigter gekwalifiseer en gee gereeld motiveringspraatjies, terwyl sy as professionele model die wêreld rondrits.
Hopkins kuier later vandag saam die Scenic Drive-span vir die eerste eksklusiewe radio-onderhoud. Jy wil dit nié misloop nie!
Show's Stories
-
Model Marciel Hopkins wys haar eersteling
Die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder en haar aantreklike man, Ha...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 13 hours ago -
WATCH: SA reacts to TikToker's new spin on a classic SA dish
If you are bored of eating normal pap, here is a new recipe for you to try.
The Drive with Rob & Roz 2 days, 15 hours ago