Nataniël en Emsie Schoeman deel COVID-19-etiket
Updated | By Scenic Drive With Rian
Waar sit jy jou masker neer as jy eet? Zoom-kamera af of aan? Nataniël en Emsie Schoeman gee raad.

Daagliks gaan ons op sake-etes of romantiese afsprake met vreemdes, en ons tafelmaniere speel steeds 'n groot rol.
Maar waar moet ek my masker sit? Wat trek ek aan vir 'n Zoom-oproep? Hierdie is die vrae wat ons daagliks vir onsself vra.
LEES: Etiketghoeroe Emsie Schoeman se wenke vir goeie tafelmaniere
Na langer as 'n jaar, is ons steeds in ons huise vasgevang en daar is soveel vrae wat ons steeds onseker oor is.
LEES: Nataniël herverbeeld en inspireer wéér in 'Terwyl Ek Wag'
Die legendariese Nataniël en etiketghoere Emsie Schoeman het 'n paar wenke gedeel.
Waar sit jy jou masker as jy moet eet?
Emsie: Moet dit nié op die tafel neer sit nie. Sit dit eerder in jou handsak of laat dit oor jou oor hang.
Mag jy eet tydens 'n Zoom-oproep?
Emsie: Eet eerder voor die oproep of vra of jy iets mag eet.
Nataniël: Sit eerder jou kamera af.
Wat trek jy aan vir 'n Zoom-oproep?
Nataniël: Maak seker dat jy netjies aangetrek is. Enigiets kan gebeur.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Verskaf
Show's Stories
-
Driving instructor uses spiky fruit peel to teach drivers
This is an interesting way of teaching the 10 to 2 steering wheel grasp.
The Workzone with Alex Jay an hour ago -
SA named Africa's most beautiful country
There's nothing like hearing others recognise your country's beauty...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago