Ontvoeringsdrama het 'Arendsvlei'-kykers aan die gons

Ontvoeringsdrama het 'Arendsvlei'-kykers aan die gons

kykNET se telenovela, 'Arendsvlei' het duisende kykers aan die gons oor die huidige ontvoeringsdrama. 

Arendsvlei
Verskaf/ Arendvlei

Kaptein Karelse en sy span het vandeesweek eindelik vir Bompie Galant (Jarrid Geduld) en sy trawante vasgekeer. Dit kom ná Dorothy Galant (Ilse Klink) en Wendy Newman (Rehane Abrahams) planne beraam het om by ’n mensehandel-besigheid betrokke te raak en vir Bompie betrek het. Maar Karelse en sy span het hul goed van hul taak gekwyt en die meisies, insluitend Candice (Nancia Dorland), gered.

LEES: Quanita Adams praat oor komplekse 'Arendsvlei'-karakter, ma-wees

Die inskrywings op die Facebook-groepe 'Team Arendsvlei' en 'Arendsvlei Fans' stroom in ná gisteraand se episode waar Candice in trane was ná sy vir Angelique (Chelsea Thomas) ook blameer het vir haar ontvoering. Angelique is Dorothy se dogter en Candice se beste vriendin.

Arendsvlei
Verskaf/ Arendsvlei

Leon Standaar sê: “Ek't darem vir Angel so jammer gekry. Daai harde, seer woorde. Onnodige valse beskuldigings. Die trauma waardeur albei dames gaan, was duidelik sigbaar op albei se gesigte. Albei het tyd nodig. Pragtige storie, dit is inderdaad dinge wat elke dag gebeur en sulke dinge kan met enige iemand, enigetyd gebeur.”

LEES: Dis trou-tyd in 'Arendsvlei!' 5 goed wat jy móét weet

Zulpha Waggie sê as so iets met haar sou gebeur, sou sy nooit kon slaap nie. “Ek bid vir al die ouers in Suid-Afrika, wat nie weet waar hul kinders is nie. Mag hulle closure kry. Amen,” sê sy.

“Sulke stories is broodnodig om mense te herinner aan die onregmatighede daarbuite. Dis uitstekende nuus vir ons dat kykers aanklank vind by die storielyn. Dis altyd lekker om kykers se terugvoer te sien en dis hartroerend om te lees hoe mense saam met die karakters huil,” sê Tarryn Josephs, publisiteitsbestuurder van 'Arendsvlei'.

LEES: 'Arendsvlei' nou op die kassie vir vier dae ’n week!

Kykers is nou net bekommerd oor Dorothy en Wendy se betrokkendheid. Soos dit nou lyk gaan hulle twee skotvry daarvan af kom. 

Wat dink jy gaan gebeur?

'Arendsvlei' is van Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET & kie, DStv-kanaal 145, te sien. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Show's Stories