Raak verlief op die eerste Showmax-romcom 'Troukoors'
Updated | By Scenic Drive With Rian
Kyk na die opwindende voorskou hieronder!

'Troukoors' (Wedding Fever), Showmax Originals se eerste Afrikaanse-romcom.
Ilse-Lee van Niekerk vertolk die rol van 'Jessica', ’n troubeplanner wat deur liefde omring word, maar sukkel om dit self te vind.
LEES: Sepie-paar se baba-dogter gebore
Fleur du Cap-benoemde Bianca Flanders en voormalige kinderster Blyde Smit verskyn saam as onderskeidelik haar beste vriendin en suster.
'Troukoors' is deur SAFTA-wenner Louis Pretorius en SAFTA-benoemde Albert Snyman van Infinity Films, geskep, met Nina Swart wat die regie behartig. Dié kreatiewe duo is ook verantwoordelik vir topreekse soos 'Die Boekklub' en 'Fynskrif'.
LEES: 'Alles Malan'-aktrise verloof!
Hulle het 'n mengsel van vars en bekende gesigte vir die reeks gekies, insluitende SAFTA-wenners Kevin Smith en Tinarie van Wyk-Loots, Lea Vivier , Danny Ross, Armand Aucamp, Christiaan Schoombie, Evan Hengst, Edwin van der Walt, en Emma van Heyn, wat vir 'n Fiësta-toekenning as nuweling-kunstenaar benoem is.
Gelukkig hoef jy nie lank te wag nie: Showmax het soveel vertroue in die reeks dat hulle reeds 'n tweede seisoen aangevra het, wat in die eerste helfte van 2022 vrygestel sal word.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Verskaf
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Dad calls mom ugly and her sons come to her defence
We love how these boys stood up to their father, even though they didn't...
The Workzone with Alex Jay 10 hours ago -
Human Rights Day special at Kidz Fun House in Edenvale
Kidz Fun House has a section for babies, toddlers, older kids, an arcade...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 10 hours ago