KYK: 'Alles Malan'-aktrise verloof!

KYK: 'Alles Malan'-aktrise verloof!

Die 'Alles Malan'-aktrise Greteli Finchan is verloof aan Juan de Swardt.

Greteli Finchan
Instagram/ Greteli Finchan

Die Malan-familie is terug! 

Dit voel soos familie wat terugkeer ná ’n lang vakansie. ’n Blye weersiens van geliefdes. Toe die laaste episode van die eerste reeks van 'Alles Malan' in 2019 uitgesaai is, het kykers immers reeds gesê: Ons is lank nog nie klaar gekuier by die Malans nie.

LEES: 'Binnelanders' se Nadia Valvekens terug in gewilde dramareeks

Die goeie nuus is dat die tweede seisoen van 'Alles Malan' op 30 November begin het. Al die gewilde karakters is terug, maar soos met alle goeie familiedramas, is daar meer as genoeg kinkels in die kabel om kykers vir dertien episodes vasgenael te hou. 

Veteraan-akteurs Albert Maritz en Elsabé Daneel is weer te sien as 'Derik en Brenda Malan'. Ivan Zimmermann is die oudste seun 'Frik' en Nadia Valvekens is sy vrou, 'Tessa'. Hulle twee kinders, 'Elani en Freek', word onderskeidelik deur Greteli Fincham en Mateo Olivier gespeel. Sean-Marco Vorster is die jonger Malan-seun 'Nico' en sy vrou, 'Lee-Anne', word vertolk deur Nicole Fortuin.

LEES: Loki Rothman vervaardig bekende liedjie met net kombuisitems!

Greteli Fincham, beter bekend vir haar rol as 'Elani' in die dramareeks is onlangs verloof. 

Op die dag wat die tweede seisoen van die program het, 30 November, het Finchan se kêrel, Juan de Swardt, die groot vraag gevra. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Instagram/ Greteli Fincham

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories