KYK: 'Binnelanders' se Nadia Valvekens terug in gewilde dramareeks

KYK: 'Binnelanders' se Nadia Valvekens terug in gewilde dramareeks

Die Malan-familie is terug - en die keer is daar meer kinkels in die kabel. 

Nadia Valvekens
YouTube/ 'Alles Malan'

Die Malans is terug! 

Dit voel soos familie wat terugkeer ná ’n lang vakansie. ’n Blye weersiens van geliefdes. Toe die laaste episode van die eerste reeks van 'Alles Malan' in 2019 uitgesaai is, het kykers immers reeds gesê: Ons is lank nog nie klaar gekuier by die Malans nie.

LEES: Loki Rothman vervaardig bekende liedjie met net kombuisitems!

Die goeie nuus is dat die tweede seisoen van 'Alles Malan' op 30 November begin. Al die gewilde karakters is terug, maar soos met alle goeie familiedramas, is daar meer as genoeg kinkels in die kabel om kykers vir dertien episodes vasgenael te hou. 

Veteraan-akteurs Albert Maritz en Elsabé Daneel is weer te sien as 'Derik en Brenda Malan'. Ivan Zimmermann is die oudste seun 'Frik' en Nadia Valvekens is sy vrou, 'Tessa'. Hulle twee kinders, 'Elani en Freek', word onderskeidelik deur Greteli Fincham en Mateo Olivier gespeel. Sean-Marco Vorster is die jonger Malan-seun 'Nico' en sy vrou, 'Lee-Anne', word vertolk deur Nicole Fortuin.

LEES: Emosionele Bobby van Jaarsveld bring hulde aan vriend Theuns Jordaan

 Die regisseurs is Corné en René van Rooyen en hulle het die reeks saam met Leon Kruger en Retief Scholtz geskryf.  

“Ons toets en beproef die Malans se familieverhoudings nog dieper,” sê René. “Nico en Lee-Anne het ’n eersteling op pad en Frik sukkel met ’n falende Malan Vervoer terwyl Tessa se loopbaan floreer. Daarmee ondersoek ons die veranderende manlike rol in baie hedendaagse Afrikaanse gesinne. Wat is die rol van die moderne pa? Wat gebeur as ’n vrou meer as haar man verdien? Intussen probeer Brenda die sakewêreld betree, Elani se hart is in twee geskeur tussen twee mans en Freek is verlief op die gewildste meisie in die skool, maar hy moet haar eers uit die kloue van ’n ander seun kry.”

LEES: Waldimar Pelser: Ontmoet kykNET se nuwe hoof

Die skrywers het stories uit hulle eie families as inspirasie gebruik.

“Die belangrikste van die teks is dat dit eg persoonlik, maar alledaags moet wees. Stories waarmee ons, asook die gehoor, moet kan identifiseer,” sê Corné. “Ons en die kykers moet dus onsself in die verskeie tonele kan sien."

 Die nuwe seisoen is, soos die vorige, in en om Paarl en Wellington verfilm. 

Kyk die video vir ‘n voorsmakie van wat te wagte is in die tweede seisoen van die treffer-reeks

'Alles Malan' is vanaf 30 November op DStv-kanaal 144 om 20:00 te sien.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: YouTube/ 'Alles Malan'

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories