Rachel Botes is besig met 'n meestersgraad in melktert!

Rachel Botes is besig met 'n meestersgraad in melktert!

Al ooit gedink dat iemand 'n meestersgraad sal doen in melktert? Ja, Rachel Botes skitter een van die dae met 'n meestersgraad in melktert. 

Rachel Botes is besig met 'n meestersgraad in melktert!
Jacaranda FM

Rachel Botes (50) het onlangs naam gemaak nadat sy aangekondig het dat sy besig is met haar meestersgraad in melktert. 

Botes is 'n bekroonde sjef wat besig is met haar navorsing aan die Universiteit van Pretoria se departement van geskiedenis. Deur haar navorsing het sy besef dat daar verskeie lande is wat met melkterte spog.

Maar waar kom melkterte vandaan? 

Die Romeine was reeds 2 000 jaar gelede versot op eiervla, soet en sout. Die streng vasdagreëls wat die Katolieke Kerk mettertyd ingestel het, het veroorsaak dat monnikke en nonne – askete, maar tog ook kosliefhebbers – met mekaar gewedywer het in hul soektog na smaakvolle plaasvervangers vir vleis, vis, melk en eiers. 

LEES OOK: Steven Halgryn joins Rian to talk about his addiction to milk tart

So is amandelpap, gemaak van amandelmelk en gegeur met gemmer en kaneel, agter die geheimsinnige kloostermure ontwikkel tot perfeksie. Met die verslapping van die vasdagreëls het gebakte eiervla in ’n tertkors weer gewild geraak. Mettertyd het die oorspronklike amandelpap ’n eiervla-pap geword en het broskors of skilferdeeg as kors in gebruik gebly. Middeleeuse resepte dui aan dat daar suiker agterna oor geregte gesprinkel is, net soos ons vandag nog kaneelsuiker oor melkterte sprinkel. 

Vandag bestaan die moderne melktert uit ’n eiervlapap wat op ’n deegbasis in die oond gebak word, en daar is diegene wat glo dat ’n egte tradisionele melktert ’n kors van skilferdeeg móét hê. Daar is ook mense wat net glo aan melktert met 'n broskorsdeeg. 

Amandel, nartjieskil, kaneel of perskeblare is die tradisionele geurmiddels, maar vandag is daar ongelukkig meer sintetiese geurmiddels in die winkels te koop. Variasies op die melktert-tema is byna so volop soos kokke self. Selfs ’n kortpad-resep vir korslose melktert word soms deur haastige kokke voorgesit. 

Rian het Rachel genooi om te gesels oor haar studies en melkterte. 

Show's Stories