Rolene Strauss siek in hospitaal

Rolene Strauss siek in hospitaal

Voormalige Mej. Wêreld, dokter en entrepreneur, Rolene Strauss is Sondagaand hospitaal toe gejaag. 

Rolene Strauss
Instagram/ Daniel Strauss

Suid-Afrika se eie Mej. Wêreld, Rolene Strauss is Sondagaand hospitaal toe gejaag, nadat sy siek geword het. 

FOTO'S: '7de Laan' se Zac, Tiaan, Bart en George hou reünie

"Ons het gedink dat sy net 1 nag in die hospitaal sou deurbring, maar dit is die tweede aand," het haar entrepeneur-man, Daniel Strauss op Instagram geskryf. 

LEES: Wil jy ‘n miljardêr word? Dink dan soos een sê Daniel Strauss

Daniel het ook genoem dat hy al vir Rolene nege jaar ken, en nog nie eenkeer het sy siek geword nie. 

"Ons weet nie wat verkeerd is nie en dokters het vandag talle toetse afgelê om te probeer uitvind, maar ons weet nog niks," het Daniel verder genoem. 

Ons hoop jy voel vinnig beter, Rolene!

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Instagram/ Daniel Strauss

Show's Stories