Van plaasseun tot akteur: Ontmoet die nuwe gesig in 'Getroud Met Rugby'

Van plaasseun tot akteur: Ontmoet die nuwe gesig in 'Getroud Met Rugby'

Hanno Hattingh is die splinternuwe gesig in die gewilde kykNET-sepie. Hy vertolk die rol van 'Werner Steyn' in die Stryders-span.

Hanno Hattingh
Verskaf/ Getroud Met Rugby

Hanno Hattingh is 'n doodgewone plaasseun wat nou sy lyf akteur hou en spog met sy eerste sepie-rol in die gewilde kykNET-sepie, 'Getroud Met Rugby.'

"Ek het as 'n doodgewone plattelandse boereseun grootgeword, in Marquard, in die Vrystaat. Ons familie het ‘n veeplaas daar. My dae was gevul met aktiwiteite soos visvang, perdry en skool kattekwaad aanvang, saam met my vriende. My kinderjare was wonderlik en ek het ook ‘n die plaas leer Sotho praat," vertel Hattingh aan Jacaranda FM se Dean Paulse

Hattingh is versot op die plaaslewe, maar waar kom sy groot liefde vir drama vandaan? 

"Ek wou van kleintyd af ‘n akteur word. Op skool het my vriende altyd van die een beroep na die ander gespring, vir wanneer hulle klaar is met skool,  maar ek wou nog altyd net die een ding word – ‘n akteur!

LEES: "Ek is nou op die sepie waarmee ek groot geword het" - Mila Guy kuier in '7de Laan'

"As klein seuntjie het ek soveel kere by die huis ingeslip om voor die televisie te gaan sit en die een na die ander flieks deur te werk. Ek het ‘n voorliefde vir goeie drama-flieks. Daar het my liefde vir die bedryf en akteur wees ontstaan."

Volgens Hattingh, het hy op laerskool rugby gespeel, maar het nooit regtig as speler 'n kick daaruit gekry nie

'Getroud Met Rugby' is Hattingh se eerste groot sepie-rol.

"Daardie eerste paar weke by 'Getroud Met Rugby' sal my altyd bybly. Die 'Getroud Met Rugby'- familie het my op ‘n wonderlike manier laat tuis voel en ek was met ope arms deur almal by die studio en opstel verwelkom. Die vreemdheid en eerste van alles het wel die senuwees goed laat knaag, maar weereens was daar soveel mense wat my daardeur gehelp het en my sommer gou deel van die familie laat voel het."

Maar wat maak 'Wynand Steyn' so 'n uniekie karakter?

"'Wynand Steyn' is ‘n komplekse karakter, met ‘n tikkie misterie en ‘n eerlike hart. Wynand gaan onbewustelik lekker onmin onder die Stryder-vroue veroorsaak, en dalk selfs liefde vind. Die karakter gaan vroue tot die besef laat kom dat hulle mans se intensies of die ontbreking daarvan, soms meer ernstig moet opneem. Vroue plaas partykeer baie druk op mans, wanneer dit by verhoudings kom en speel nie altyd die game regverdig nie..." verklap Hattingh. 

LEES: EKSKLUSIEF: 'Villa Rosa'-ster Therese Bam terug in sepie na 6 jaar!

Hanno en 'Wynand Steyn' is albei boerseuns van die Vrystaat.

"Hanno is 'n baie ernstige mens wat sy doelstellings en drome baie ernstig opneem en altyd hard werk om dit te bereik. My verhoudings ly soms onder die diep passie en ambisie wat ek najaag. Ek is 'n beginselvaste persoon en streef graag na dit wat reg is. Ek heg baie waarde aan vriendskappe en menseverhoudings.

"Ons albei is boerseuns van die Vrystaat - dit is basies waar die ooreenkomste stop. 'Wynand' neem verhoudinge glad nie ernstig op nie en het geen probleem daarmee om net uit 'ʼn verhouding te stap en geensins skuldig te voel oor die gevolge nie. Sy emosies is nie altyd betrokke by sy aksies nie. 'Wynand' kom aanvanklik as ‘n bod ou voor. Hy kan dalk onsensitief wees en gevolglik ‘n paar harte in die slag laat bly. Wynand se lewe in die stad en sy interaksies met die Stryders-familie maak hom meer bewus van sy gevoelens."

Hanno Hattingh
Verskaf/ Getroud Met Rugby
Blitsvrae aan Hanno Hattingh: 

  1. Gunsteling-karakter op 'Getroud Met Rugby'? Schalk
  2. Gunsteling-gereg?  ʼn Heerlike medium/rare boeresteak met sampioensous.
  3. Gunsteling-drankie? Water
  4. Gunsteling-kleur? Blou
  5. Guilty pleasure  ʼn Kuier saam met die boys na ‘n harde dag op die plaas.

Show's Stories