"Wees veilig" - Leandie du Randt toets positief vir COVID-19

"Wees veilig" - Leandie du Randt toets positief vir COVID-19


Die gewilde en talentvolle aktrise Leandie du Randt het positief getoets vir COVID-19.

Leandie du Randt
Instagram/ Leandie du Randt

Suid-Afrika het die afgelope 24 uur 22 910 nuwe gevalle van COVID-19 aangeteken, terwyl die land voortgaan met die derde golf van die COVID-19-pandemie.

Gauteng is steeds die provinsie met die meeste COVID-19 gevalle.

LEES: '7de Laan' se Kristen Raath praat oor haar angswekkende raaiselsiekte

Die aktrise, aanbieder en entrepreneur, Leandie du Randt het Dinsdag op haar sosiale media platforms genoem dat sy positief vir die virus getoets het.

Du Randt het ook mense aangemoedig om veilig te wees soos die dodelike virus verwoesting saai.

Duisende aanhangers het Du Randt 'n spoedige herstel toegewens.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Instagram/ Leandie du Randt

Show's Stories