'7de Laan' se Kristen Raath praat oor haar angswekkende raaiselsiekte
Updated | By Scenic Drive With Rian
Kristen Raath het met Rian van Heerden gesels oor die onbekende siekte wat haar by die dood laat omdraai het.

'7de Laan'-aanhangers het 'Amorey Welman', vertolk deur Kristen Raath, met ope arms verwelkom nadat sy vir ruk lank buite aksie was.
Raath het haar tyd na die verfilming van die sepie op haar ander passies spandeer.
Haar karakter in die gewilde SABC2-sepie, was getroud met 'Willem Spies' (Markus Haywood). 'Amorey Welman' het oorsee getrek nadat sy uitgevind het dat 'Willem Spies' haar verneuk het.
LEES: "Nog nooit was die woord positief so negatief" - Sangeres Nádine
Na haar tyd in die sepie, het Raath op ander passies begin fokus. "Ek wou nuwe dinge ervaar behalwe as toneelspel, en ek wou van binne groei," sê sy.
Raath het baie tyd bestee aan haar musiek in 2019. Sy het ook haar eerste enkelsnit 'My Elke Dag' uitgereik.
LEES: 'OppieStoep' verwelkom ‘n nuwe aanbieder saam met Pietman
Aan die einde van 2019, het 'n ongediagnoseerde siekte haar onkant gevang. Sy is in 'n hospitaal met 'n verskeidenheid simptome opgeneem.
Tot op hede weet niemand, nie eers haar pa, wat 'n bedryfsgeneesheer is, wat gebeur het nie.
Volgens Raath, het sy dit amper nie gemaak nie. "Ek kon nie opstaan of loop nie."
"Na dag vier het almal gedink ek gaan dood gaan."
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Verskaf/ Kristen Raath
Show's Stories
-
New travel trend alert: Is sleep tourism the future?
Sleep tourism isn't as lazy as it sounds.
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago -
Kamini Pather shares behind-the-scenes MasterChef secrets
Kamini Pather, SA foodie, author, TV host and Masterchef winner, is rele...
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago