"Nog nooit was die woord positief so negatief" - Sangeres Nádine

"Nog nooit was die woord positief so negatief" - Sangeres Nádine

Die gewilde en talentvolle sangeres Nádine het positief getoets vir COVID-19.

Nádine
Facebook/ Nádine

Die stryd teen COVID-19 is swaar en meestal eensaam, maar sangeres Nádine veg aan net meer as vyf dae sedert sy COVID-19 opgedoen het.

LEES: 'OppieStoep' verwelkom ‘n nuwe aanbieder saam met Pietman

Sy het Vrydag op haar Facebook-​blad haar diagnose met haar volgelinge gedeel.

"En so word ek deel van die statistiek. Oornag," het Nádine geskryf. 

LEES: Veteraanakteurs weer te sien in 'Lui Maar Op, Belinda'

"Nog nooit was die woord positief so negatief nie. Twee aande reeds van lyfpyn en erge hoofpyn, veral in my hande. Vreemd hoe COVID almal op 'n ander manier aanval," het sy verder geskryf. 

Duisende aanhangers het haar sterkte toegewens vir haar stryd met die dodelike virus. 

Volgense Jacaranda FM News, is Gauteng tans die episentrum van COVID-19 in Suid-Africa.

Volgens die nuuste statistieke, is 12,222 nuwe gevalle in Suid-Afrika aangewys.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Facebook/ Nádine

Show's Stories