Veteraanakteurs weer te sien in 'Lui Maar Op, Belinda'

Veteraanakteurs weer te sien in 'Lui Maar Op, Belinda'

kykNET verklap wat in die splinternuwe seisoen gaan gebeur. 

Brümilda van Rensburg
Verskaf/ kykNET

Die doyenne van Afrikaanse televisie snoer weer kragte saam vir ’n tweede seisoen van die kykNET-komedie, 'Lui Maar Op, Belinda'. Van Maandag 5 Julie gaan 'Belinda' saam met 'Annetjie', 'Ian', 'Frans', 'Dirkie' en 'Maggie' weer kykNET- kykers se lagspiere kielie.

Die eerste seisoen van dié gewilde komedie is in 2019 op kykNET uitgesaai en die oorspronklike rolverdeling herenig vir die nuwe reeks van 13 episodes.

LEES: Die 'Egoli'-oomblik toe 'Nenna' en 'Elsa' perongeluk daggakoekies eet

Brümilda van Rensburg speel weer die naamrol teenoor Annelisa Weiland (Annetjie), Eric Nobbs (Frans), Duncan Johnson (Ian), Wian Taljaard (Dirkie) en Carmen Maarman (Maggie).

Soos tevore speel die wel en weë van dié groepie aweregse karakters in 'Ian' se hardewarewinkel in George af

Verskeie ander bekendes soos June van Merch, Hannes van Wyk, Marco Spaumer, André Roothman, Melt Sierberhagen en Craig Adriaanse maak ook hul verskyning.

LEES: Shaleen Surtie-Richards verklap haar mees ikoniese rolle

Die skryfspan bestaan uit Marcel Spaumer, Desiré Gardner en Corné van Rooyen, met Ben Heyns wat die regie behartig. Marcel en Desiré, wat tot onlangs in die kykNET-sepie, 'Suidooster,' te sien was, was by die skryfproses van die vorige reeks betrokke, terwyl Corné voorheen die regie behartig het. 

Lui Maar Op Belinda kykNET
Verskaf/ kykNET
Lui Maar Op Belinda kykNET
Verskaf/ kykNET

Volgens Brümilda is die nuwe reeks om weer eens ’n toonbeeld van vars komedie. “'Lui Maar Op, Belinda' is genotvol en die humor is baie skerp,” sê sy.

“'Belinda' is ’n dame met flair, maar sy hanteer verandering nie eintlik baie goed nie. Om ouer te word is nie vir haar maklik nie, en ’n plooi op die bo-lip herinner haar gereeld aan dié lot.”

LEES: Bekendes bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards

“Tog het sy steeds drome en gee sy nogal om vir haar vriende en medemens.”

Annelisa Weiland moes vir die duur van Lui maar op, 'Belinda' haar 'Suidooster'-sepiekarakter, 'Kate', tydelik verruil vir 'Annetjie'. Sy sê dat die 'Lui Maar Op, Belinda'-span baie pret agter die skerms gehad het, en dat dit ook deurfilter na die episodes.

LEES: Nuwe paartjie maak 'n draai in 'Suidooster'

“Ons akteur het regtig goed van mekaar af gespeel, wat baie belangrik is as ‘n mens komedie doen,” sê sy.

“Ek geniet my karakter, 'Annatjie', vreeslik baie, want sy is eintlik heeltemal die teenoorgestelde van my. Sy is preuts, ouderwets en bietjie konserwatief, maar ek en 'Annatjie' kan albei tog te lekker lag.” 

Hierdie seisoen op 'Lui Maar Op, Belinda': 

Dit is nou al ’n paar jaar sedert 'Annetjie' haar gevoelens vir 'Frans' diep in haar sak begrawe het en die hasepad gekies het. Ian verwerk ook nog die skok van sy huwelik wat op die rotse is, terwyl 'Frans', 'Belinda' en 'Dirkie' 'n eenvoudige, maar vervelige bestaan in die ou winkeltjie probeer lei. 'Annetjie' word gemis en die spannetjie besluit om iets omtrent haar afwesigheid te doen en wanneer sy terug is, begin die oues se ondeundheid van vooraf. 'Ian' moet meeding met sy eksvrou wat uit die bloute 'n winkel oorkant syne oopmaak; 'Belinda' is weer op die kassie te sien, maar sy steek haar haweloosheid van almal af weg; 'Frans' en 'Annetjie' versoen en 'Belinda' voel sy wil ook weer op afsprake begin gaan; Dirkie begin die soektog na sy biologiese ouers; daar is 'n groot troue, maar die wittebrood moet dalk uitgestel word soos 'Belinda' die mees uitdagende rol van haar lewe in die gesig staar...

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ kykNET

Show's Stories