KYK: Die 'Egoli'-oomblik toe 'Nenna' en 'Elsa' perongeluk daggakoekies eet

KYK: Die 'Egoli'-oomblik toe 'Nenna' en 'Elsa' perongeluk daggakoekies eet

Na die skielike dood van die ikoniese aktrise, Shaleen Surtie-Richards, het hierdie video miljoene laat lag. 

Shaleen Surtie-Richards Egoli
Facebook/ Egoli: 1992-2010

Op Maandagoggend, het Suid-Afrika die skoknuus ontvang dat die ikoniese aktrise, Shaleen Surtie-Richards (66) oorlede is. 

LEES: Bekendes bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards

Surtie-Richards is dood in 'n gastehuis gevind. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie. Sy was in die Kaap om aan die kykNET-telenovelle, 'Arendsvlei' te verfilm.

Die veteraan aktrise word bestempel as een van Suid-Afrika se mees bekroonde aktrises. 

LEES: Die Scenic Drive vier Vrouemaand: Shaleen Surtie-Richards

Surtie-Richards is bekend vir haar rol as' Fiela Komoetie' in die legendaries film, 'Fiela Se Kind', maar veral vir haar rol as 'Nenna Willemse' in die sepie, 'Egoli'.

'Egoli' was 'n tweetalige (Engelse en Afrikaanse) Suid-Afrikaanse sepie wat die eerste keer op 6 April 1992 op M-Net uitgesaai was. Die sepie het in Johannesburg afgespeel. 

Surtie-Richards wat veral bekend was vir haar rol as 'Ester "Nenna" Willemse' in die sepie, het duisende aanhangers laat lag met haar lekker sê-goed.

LEES: Shaleen Surtie-Richards verklap haar mees ikoniese rolle

'n Ikoniese-oomblik in die sepie, was toe 'Nenna' en 'Elsa du Plessis Pienaar' gespeel deur Hannah Botha, perongeluk daggakoekies geëet het. 

Na die skielike dood van Surtie-Richards, het die skreeusnaakse video die rondtes gedoen op sosiale media, en miljoene Suid-Afrikaners laat lag. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Facebook/ Egoli: 1992-2010

Show's Stories