'7de Laan' se 'Bart' kuier op Breakfast with Martin Bester

'7de Laan' se 'Bart' vier nuwe musiek op Breakfast with Martin Bester

Sanger en akteur Neil Sandilands en Die Band het Dinsdag op Breakfast with Martin Bester opgetree.

Neil Sandilands and Breakfast with Martin Bester
Jacaranda FM

Sanger en akteur Neil Sandilands, meer bekend as Bart in '7de Laan', het Dinsdag saam sy band op Breakfast with Martin Bester opgetree.


KYK: Viral petrol attendant performs live on Breakfast with Martin Bester

Die optrede was deel van 'Neil Sandilands & Die Band' se wintertoer van Kaap tot Mpumalanga, wat van 1 Julie 2023 tot 22 Julie 2023 plaasvind. 

Neil Sandilands and Band
Supplied

Hierdie ryk anderwêreldse vertoning bied van die mees begaafde musici wat ons pragtige land in aanbod het, en met die onkonvensionele, rasperige, aweregse Neil Sandilands aan't stuur van sake, is jy in vir 'n ding!

Die 'Neil Sandilands Gedoente' bring instrumente, blikke en sakke vol truuks na 'n opstal daar naby jou.

LEES: Pa van oorlede Garsfontein-tiener skryf gedig aan sy "sonskyn" dogter

Vir hulle optrede het Sandilands en sy band die sanger se nuwe liedjie 'Stilte wat Raas' vanaf sy nuwe album 'Allegaarkie vir 'n Askeet' opgetree. 

Die Suid-Afrikaanse akteur het ook vir Martin Bester en die span gehelp met Dinsdag se insetsel van 'How Hard Can It Be'.

Sandilands druk al vir jare sy stempel op die nasionale and internasionale musiek- en filmbedryf af. Vandag kan hy ook in die Netflix-program 'Sweet Tooth', waar hy die rol van 'General Abbot' vertolk, gesien word. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories