Afrikaans Is Groot is terug én hierdie keer groter as ooit!

Afrikaans Is Groot is terug én hierdie keer groter as ooit!

Ná bykans drie jaar is dit weer tyd om huis toe te kom en jou gunsteling-kunstenaars op die verhoog te sien!

Afrikaans Is Groot
Supplied

Ná bykans drie jaar se musiekdroogte waartydens Afrikaanse musiekliefhebbers nie die groot jaarlikse familie saamtrek kon geniet nie, is die juweel van Afrikaanse musiek terug en dit is tyd vir jou om huis toe te kom en die oorvloed van musiekgenot te ervaar.  

Afrikaans is Groot is sonder twyfel ’n hoogtepunt op die jaarlikse musiekkalender en sedert sy ontstaan, presies tien jaar gelede, het dié gesogte produksie gegroei na ’n tuiste vir Afrikaanse mense - ’n veilige hawe waar die taal, musiek en kultuur gevier kan word.

“Die lang wag het egter ook voorsiening gemaak vir ’n silwer randjie want sedert die begin van 2020 is daar ’n rits ongelooflike groot liedjies deur die Afrikaans is Groot-kunstenaars vrygestel en hulle brand om dit vir die eerste keer op die grootste verhoog in Suid-Afrika op te voer.

“Intussen is daar ook ’n paar nuwe sterre gebore wat die landskap van Afrikaanse musiek heeltemal kom verander het,” het die bekroonde regisseur en vervaardiger van Afrikaans is Groot, Barry Pretorius, vertel.

Barry Pretorius vertel meer oor Afrikaans Is Groot:

Die kunstenaars wat vanjaar deel is van Afrikaans Is Groot is: Riana Nel, Bok van Blerk, Demi Lee Moore, Ricus Nel, Appel, Jo Black, Corlea, Jay, Elandré, Refentse, Karlien van Jaarsveld, Elvis Blue en Ruhan du Toit. 

Vir die heel eerste keer sal Bernice West en Irene-Louise van Wyk ook op die verhoog wees saam met die nuutste sangsensasie vanuit die Coleske-stal, Riaan Benadé. 

Kyk die amptelike promosie vir Afrikaans Is Groot hier:

Hierdie jaar se Afrikaans Is Groot-konsert se borge sluit in Virseker, Laeveld Agrochem en Belgravia Gin. Jacaranda FM het ook ingetree om seker te maak dat gehore op hoogte bly van al die opwindende verwikkelinge. Die kanaal-groep van e.tv is vanjaar ook deel van die konsert.

Vanjaar se konserte vind plaas op 4, 5, 6, 11, 12 en 13 November by die SunBet Arena by Time Sqaure in Menlyn Maine. Hierdie wêreldklas-arena bied die Afrikaans is Groot-span die geleentheid om op ’n internasionale vlak met die gehoor te toor. En as jy gedink het dat ‘n kunstenaar wat oor die gehoor vlieg indrukwekkend is, moet jy seker maak dat jy jou #AiG22 kaartjie kry wanneer dit op 26 Julie by iTickets open. Want een ding is seker, dié 10 jaar viering gaan die lang wag werd wees.

Hou ’n oog op Afrikaans Is Groot se sosiale media platforms om op hoogte te bly van al die nuuste nuus rondom Afrikaans is Groot 2022.

Barry Pretorius and Martin Bester
Jacaranda FM

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories