KYK: Afrikaanse juffrou se unieke leerstyl laat die internet gons

KYK: Afrikaanse juffrou se unieke leerstyl laat die internet gons

Díe Afrikaanse juffrou het vinnig in talle sosiale media-gebruikers se harte gekruip met haar unieke leerstyl.

Klankejuffie
Skermgreep/ TikTok

Om 'n onderwyser te hê wat jou inspireer, kan leer soveel makliker maak en ons sou enige dag 'n leerder in díe juffrou se klas wou wees.

‘n Dansende Afrikaanse onderwyser het talle TikTok-gebruikers se hartse gesteel met die manier waarop sy Afrikaans aan haar leerders verduidelik. 

KYK: Donnalee en Ivan deel lokprent vir senutergende riller

Die juffrou het onlangs ‘n video op sosiale media gedeel wat wys hoe sy haar kinders leer deur te sing en dans. 

@klankejuffie Kl-klank.#SAMA28 #fyp #myyellow #classroomdecor #blog #closeted #fy #clean #youbelongwithme #inspireme #ekisproblems #woordenschat #woorde #youbelongwithme #closeted ##cleas #affec #affection -#teachgoodvalues #goodteacher #teachkidsgood ♬ original sound - Robyn

Om vir haar klas die "KL" klank te leer, het sy ‘n liedjie gebruik met verskeie woorde wat met die letters begin. 

Die woorde sluit "klein", "klap" en "klop" in. 

Robyn, wie se TikTok gebruikersnaam @klankejuffie is, gebruik haar liggaam en dansbewegings om elke woord uit te beeld. 

Die video wys ook hoe die leerders vrolik saam sing.

KYK: Wie was jou gunsteling '7de Laan'-karakter?

Tot op hede het klankejuffie se video al amper drie miljoen kyke en meer as 140-duisend likes gekry.

Talle TikTok-gebruikers kon nie genoeg van onderwyser kry nie en het haar onderrigmetodes geprys. 

"Jou energie om die kinders te leer en om te hoor hoe hulle dit geniet.. goed gedoen," het een kyker gesê. 

"Wow, pragtig om onderrig maklik te maak vir die kinders, hou so aan," het 'n ander gesê.

KYK: Kurt Darren, Juanita du Plessis en Brendan Peyper sing legendariese-treffer

Nog 'n persoon het opgemerk hoe inspirerend sy is en gesê: "Dit is die passie vir my, mag jou videos ander onderwysers inspireer om hul eie unieke passie na die tafel te bring om ons kinders te help." 

In 'n vorige video sien ons hoe die prettige onderwyser haar leerders op dieselfde manier die "GR" klank leer.

@klankejuffie #SAMA28 #inspireme #PhilipsOneBlade #strengthandconditioning #wri #gottok #maalaalamokaya #maalta #maal #maalove #juffroutiktok #gottobelieve #juffroukayla❤❤ #livelobster #writingtok #juffrouw #teacher #🙃 #juffroukayla❤❤ ♬ original sound - Robyn

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories