"Charlize Theron kan my kom opf*k," sê joernalis

"Charlize Theron kan my kom opf*k," sê joernalis

Is dit die beste idee om met iemand van Benoni moeilikheid te soek?

Charlize Theron File Photo 2
KEVIN WINTERGETTY IMAGES NORTH AMERICA

Aktrise Charlize Theron het onlangs uitlatings gemaak dat sy enige iemand sal "opf*k" wat met fopdossers (Drag Queens) wat voor kinders optree moeilikheid soek.

"Ek sal enige iemand opf*k wat met 'drag queens' moeilikheid soek," het Theron gesê tydens die 'Drag Isn’t Dangerous Telethon' wat meer as R9-miljoen ingesamel het.

Een Amerikaanse joernalis, Megyn Kelly het nie díe uitlatings baie goed opgevat nie.

KYK: Hollywood-ster dra Gert-Johan Coetzee rok op rooitapyt

"Hoekom kom f*k Charlize my nie op nie want ek is 100% teen haar," het die 'The Megyn Kelly Show'- aanbieder gesê.

Kelly sê dat 'drag' optredes baie lekker kan wees en dat sy al by van hulle was, maar sy glo nie dat kinders toegelaat moet word om hierdie optredes by te woon nie.

Die aanbieder voel sterk dat selfs Theron, wie se dogter, Jackson transgender is, nie 'drag' optredes voor kinders moet toelaat nie. 

KYK: Schalk Bezuidenhout verduidelik: Só het rugby ontstaan

Charlize het die rol van Kelly in die 2019 fliek 'Bombshell' vertolk. 

Daar is tans baie konflik, veral in Amerika, omdat kinders toegelaat word om 'drag' optredes by te woon.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories