KYK: Dirk van der Westhuizen bewaarheid kankerpasiënt se droom

KYK: Dirk van der Westhuizen bewaarheid kankerpasiënt se droom

Die Suid-Afrikaanse sanger Dirk van der Westhuizen het 'n kankerpasiënt se droom bewaarheid nadat hy haar in die hospitaal verras het.

DIRK EN CARIEN ONTMOET
Facebook/ Skermgreep

Die "brawe engelmens," Carien, wat met fase vier kanker gediagnoseer is, het daarvan gedroom om die bekende sanger Dirk van der Westhuizen te ontmoet en Saterdag het haar droom uiteindelik waar geword. 

Van der Westhuizen het Carien se droom bewaarheid toe hy haar by 'n hospitaal in Bloemfontein, waar sy tans behandeling ontvang, verras het.

LEES: Die Piesangskille se 'Inge 2' behaal Platinum-status

"Niks in hierdie lewe is per toeval nie, want ek was juis op pad van Welkom na Bloemfontein op toer - en Carien is in die Hospitaal in Bloemfontein," skryf die sanger op sy Facebook-plasing wat hy Saterdag gedeel het. 

Dié plasing wys die oomblik toe Dirk in die hospitaalsaal ingestap het om vir Carien te verras.

Die trane het behoorlik gerol oor die groot oomblik en selfs Van der Weshuizen kon nie sy trane keur nie.

Kyk die emosionele oomblik hier:

Talle aanangers het die sanger bedank en geëer vir sy goeie dade.

"Dit is pragtig Dirk van der Westhuizen ek het sommer trane gekry vir dit wat jy gedoen het," skryf een aanhanger.

'n Ander aanhanger, wat ook 'n kanker het, het gedeel wat die oomblik vir haar beteken het.

KYK: Philicity Reeken deel unieke waterblommetjie-resep

"Sit ek nou snot en trane en huil...dis so mooi en special Dirk van der Westhuizen dit beteken so baie vir mens....en dis so waar jy sal nie verstaan of glo wat dit vir mens beteken as jy nie self in daai posisie is of deur dit gaan saam iemand nie."

Carien het 'n brief aan Cupcakes of Hope geskryf waarin sy gedeel het dat sy graag die 'Gooi Jou Suiker Op My'-sanger wil ontmoet.

Die nie-winsgewende organisaise, wat fokus daarop om fondse in te samel vir families wat mediese hulp benodig, het aan Van der Westhuizen uitgereik en die bal aan die rol gekry.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories