'Ek is bang' - SA musikant deel fase vier longkanker diagnose

'Ek is bang' - SA musikant deel fase vier longkanker diagnose

Die Suid-Afrikaanse musikant het in 'n sosiale media-plasing bevestig dat sy met fase vier longkanker gediagnoseer is.

Angie Oeh en Loufi
Instagram/ Screenshot

Die 24-jarige rapper, Angelique Greef, beter bekend as, Angie Oeh van Pretoria het Maandag in 'n Instagram-plasing bevestig dat sy met longkanker gediagnoseer is.

LEES: Rian van Heerden deel binnekort opwindende nuus op Jacaranda FM

"Vandag is ek gediagnosed met stage 4 long kanker. Ek is bang. Ek is so f*kken bang," het Angie Oeh geskryf. 

LEES: 'n Boodskap van hoop: 'Kwêla' konding Dorp van die Jaar 2023 aan

Die 'Sex in Afrikaans'-rapper het ook foto's van haarself in die hospitaal gedeel.

Greef het openlik haar skok oor die diagnose gedeel en vertel hoe die kanker haar reeds fisies affekteer.

"Hoe def*k gebeur so iets so vinnig sonder dat jy weet of dit voel…

"Nou is ek so siek ek moet iemand vra om vir my 'n water bottle aan te gee wat reg langs my staan," het sy geskryf.

Behalwe vir die geweldige emosionele en fisise spanning wat dit veroorsaak vertel die rapper ook oor die finansiële druk wat dit op haar sit. 

LEES: Hippo kills SANParks manager in Kruger National Park

Volgens haar plasing moet sy 'n "life changing" operasie kry en daarna ses maande se chemo. 

"Ek't nie die emotional gemoed of die geld om die te doen nie… as enige iemand my kan help met iets wat R200,000 gaan kos asb, help my.

Om by te dra tot die mediese onkostes, volg die BackaBuddy-skakel.  

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Skermgreep/ Instagram

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories