FOTOS: Karlien van Jaarsveld verwelkom baba seun

FOTOS: Karlien van Jaarsveld verwelkom baba seun

Karlien van Jaarsveld se bondel vreugde, Johannes Samuel is op 1 April 2020 gebore. 

Karlien van Jaarsveld
Karlien van Jaarsveld/Instagram

Na maande se opgewondenheid is Karlien Van Jaarsveld en Joe Breytenbach se seuntjie uiteindelik oppad huistoe! 

LEES: EXCLUSIVE: Karen Zoid debuts brand new single on Jacaranda FM

Van Jaarsveld het Vrydagoggend ‘n Instagram-inskrywing gemaak oor die blydskap wat sy en haar gesin tans ervaar. 

"Hy is perfek, gesond. Vandag is die 3de dag en hy kom saam my huistoe!"

Sy voeg by: "Dankie Here hierdie is regtig ‘n voorreg vir my, ek sê in nederigheid vir U dankie dat ek hierdie mag beleef vandag. Aan U al die eer, vandag en in alles. Dankie ook aan die Liggaam wat saam gebid het en dat julle gebede saam my verhoor is."

View this post on Instagram

Johannes Samuel is gebore 1 April 2020, op 37 weke, en dis nie ‘n april fools nie😁 HY IS PERFEK, GESOND! Vandag is die 3 de dag en hy KOM SAAM MY HUISTOE!!! Ek dink net mammas wat al prem babas in hospitale moes agterlaat, en leë arms huistoe gaan, sal kan verstaan watse joy en massiewe voorreg hierdie is! God is altyd genadig en goed, maak maak nie saak of my baba in die hospitaal agterbly, en of ek hom saam my kan huistoe vat nie. Hy bly steeds goed. Wat ek geleer het deur die verskeie ervarings, is dat wanneer my baba in die hospitaal agterbly, is Hy steeds God wat goed is, en nie ewe skielik die duiwel wat kom steel nie. Ek bly dan altydeur in Sy hand, hoe kan iemand iets uit Sy hand kom steel sonder dat Hy dit toelaat? Mens moet Hom net kan raaksien en leer ken in hoe AL Sy goedheid lyk, en nie net in dit wat vir MY na Sy goedheid lyk nie. My verstaan is te klein. Dankie Here hierdie is regtig ‘n voorreg vir my, ek sê in nederigheid vir U dankie dat ek hierdie mag beleef vandag. Aan U al die eer, vandag en in alles🙌🏼 Dankie ook aan die Liggaam wat saam gebid het en dat julle gebede saam my verhoor is❤️ Liefde Veilig oppad huistoe in sy @noolababy karstoeltjie 💙

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Baie geluk aan die Van Jaarsveld en Breytenbach gesin! 

Show's Stories